DIE WOORD VAN GOD
- volgjesus
- Aug 4, 2018
- 63 min read
//////////////////////////////// Voorlopige weergawe van hierdie hoofstuk /////////////////////////////////
"U woord is `n lamp vir my voet en `n lig vir my pad ... U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief." – Psalm 119 vers 105 en 140.
Is die Bybel waarlik die Woord van God? Dis `n vraag waarmee baie mense in ons dag worstel, want daar is so baie geleerdes wat sê dat die Bybel nie eg en betroubaar is nie, daar is so baie uiteenlopende vertalings van die Bybel en dan word die Bybel boonop nog so geweldig verskillend geïnterpreteer en vertolk ook.
In hierdie hoofstuk gaan ons kyk of die Bybel regtig God se Woord is en of dit eg en beroubaar is, ook watter vertaling die ware Woord van God deurgee, hoe die Bybel geïnterpreteer (gelees, verstaan en verklaar) moet word en dan laastens (die grootste deel van die hoofstuk) hoe u persoonlik met die Woord van God moet omgaan, watter uitwerking die Woord op ons lewens behoort te hê, en gaan u uitgedaag word om seker temaak dat u onder die gesag van God se Woord leef en toelaat dat dit u hele lewe beheer en ingrypend verander, terwyl u ook gewaarsku gaan word om u nie te laat mislei deur valse verklarings, moderne sienings en verdraaiings van God se Woord nie:
Is die Bybel waarlik die Woord van God?
En is die Bybel eg en betroubaar?
1
Vir seker het die satan gesorg dat die ware Bybel vervals word en sorg hy dat in ons dag die Bybel net nog meer en meer vervals word. Maar so het God ook in Sy Almag gesorg dat Sy ware Woord bewaar word! Hy het gesorg dat daar afskrifte van die oorspronklike geskrifte behoue gebly het. Baie mense sê dat ons nie kan sê dat daardie afskrifte betroubaar is nie, omdat dit deur mense oorgeskryf is. God is egter in volle beheer van Sy Woord: Hy het gesorg dat daar `n paar duisend afskrifte bewaar is. (Daar is ook vroeëres en lateres). Daarvan stem die oorgrote meerderheid so goed ooreen, dat die enkeles met oorskryffoute maklik uitgewys en reggestel kon word!!! Prys die Here – Hy is die Behouder van Sy Woord! (Die waarheid dat die Bybel die Woord van God is, word ook verder vanaf bl.9 bewys.)
Deur die eeue heen, is die Bybel se geskrifte deur baie mense in hul eie woorde oorgeskryf, glad nie in ooreenstemming met die ware Skrif nie. Daar is bv. Rooms Katolieke tekste wat volgens hul leerstellings geskryf is. En in sekere tekste is boeke/dele weggelaat en ander valse of onbetroubare boeke/ dele ingevoeg. Maar ten spyte van al die vervalsings van die Skrifte, het God die ware Woord bly bewaar. Ons het vandag steeds die Woord soos wat God dit oorspronklik laat neerpen het! – (Dit hang net af watter vertaling u lees!):
Die verskillende vertalings van die Bybel.
Watter is waarlik die Woord van God en betroubaar?
Dan is daar die baie vertalings wat ons vandag kry. Daarmee bedoel ek nie vertalings in verskillende tale nie, maar verskillende vertalings in dieselfde taal. Baie mense redeneer hoe meer vertalings hoe beter. Hulle sê dat die Bybel vir elkeen in verstaanbare taal geskryf moet word en dat dit by die moderne eeu moet aanpas. Die vraag is egter: Gee die vertaling die ware Woord van God deur? Die antwoord met betrekking tot die nuwe vertalings is `n besliste nee! Om mee te begin, moet mens gaan kyk watter brontekste daar gebruik is vir die vertaling. En dan moet mens ook kyk watter vertalingsmetode gebruik is. As mens dit doen, sien mens gou-gou dat nie een van die moderne vertalings die toets van betroubaarheid deurkom nie! Vir al
2
die nuwe Afrikaanse vertalings is vervalste brontekste gebruik! Vir die Nuwe Testament is 2 Rooms Katolieke tekste gebruik wat deur 2 New Agers (Westcott en Hort) wat in die okkulte berokke was, saamgestel is en doelbewus, ernstig verdraai is (hierdie tekste staan bekend as die Codex Vaticanus/Codex Sinaiticus. Hulle noem dit die nuwe Nuwe Testament). En dan is daar nie van die grammaties-historiese vertalingsmetode gebruik gemaak nie, maar van die dinamies-ekwivalent-metode (wat `n willekeurige vertalingsmetode is). Dus is dit nie direk, woordeliks oorgeskryf in Afrikaans nie, maar is dit in hul eie woorde en met hul eie leerstellings en interpretasies oorgeskryf, terwyl dit boonop uit afgewaterde en vervalste brontekste is! Al die nuwe Afrikaanse vertalings (ná 1953) is willekeurig vertaal. Dit is dan ook uiters misleidend en dubbelsinnig geskryf soveel so dat mens meeste verse kan vertolk net soos jy wil! – Dit is hul doel, sodat alle groepe se leringe gehuisves kan word. En daar is verse in die Nuwe Testament doodeenvoudig uitgelaat! Kyk bv. of u die volgende verse in die nuwe vertalings vind: Matthéüs 17 vers 21; 18 vers 11; 23 vers 14; Markus 7 vers 16; 9 vers 44 en 46; 11 vers 26; 15 vers 28; Lukas 17 vers 36; 23 vers 17; Johannes 5 vers 4; Handelinge 8 vers 37; 15 vers 34; 24 vers 7; 28 vers 29; Romeine 16 vers 24. Soms word in `n voetnota gesê dat hierdie verse net in sommige geskrifte voorkom – daardeur word ernstige twyfel oor die betroubaarheid van die Bybel by mense gewek, terwyl daardie verse vir seker deel van die oorspronklike, ware teks is! Ook van Markus 16 vers 9-20 word daar gesê dat dit nie in die oorspronklike geskrifte vookom nie – dis `n leuen!!! Jesus se opstanding word doelbewus uitgeskakel! Ook van Johannes 7 vers 53 tot 8 vers 11 word gesê dat dit eers later bygevoeg is – dis ook `n leuen!
Daar is verder geweldig baie gedeeltes van verse in die Nuwe Testament weggelaat of ernstig verander. Vir mense wat dit wil nagaan, verwys ek net na van die ernstigstes: Matthéüs 1 vers 25; 5 vers 22 en 44; 8 vers 29; 9 vers 13; 15 vers 8; 25 vers 13; 27 vers 35; 28 vers 6 en 7; Markus 6 vers 11 en 33; 10 vers 21 en 24; 13 vers 14; Lukas 2 vers 33; 4 vers 4; 6 vers 48; 7 vers 22; 9 vers 55 en 56; 12 vers 31; 15 vers 21; 21 vers 36; 22 vers 64; Johannes 1 vers 14 en 27; 4 vers 42; 5 vers 3 en 29; 16 vers 16; Handelinge 3 vers 26; 4 vers 24; 7 vers 30 en 37; 9 vers 5 en 6; 15 vers 18; 16 vers 31; 20 vers 28; 23 vers 9;
3
Romeine 1 vers 29; 8 vers 1; 9 vers 28; 10 vers 15; 11 vers 6; 1 Korinthiërs 10 vers 28; 15 vers 47; 16 vers 22; 2 Korinthiërs 4 vers 10; Galásiërs 3 vers 1 en 17; 4 vers 7; 6 vers 15 en 17; Efésiërs 3 vers 9 en 14; 5 vers 18; 6 vers 1; Kolos- sense 1 vers 2 en 14; 1 Thessalonicense 1 vers 1; 5 vers 2; 1 Timótheüs 1 vers 17; 3 vers 16; 6 vers 5; Hebreërs 1 vers 3; 7 vers 21; 10 vers 9, 29, en 34; 1 Pe- trus 2 vers 2; 1 Johannes 4 vers 3; 5 vers 7, 8 en 13; Judas vers 7; Openbaring 1 vers 8, 9 en 11; 5 vers 14; 8 vers 13; 11 vers 17; 12 vers 17 en 18; 14 vers 20; 16 vers 17; 20 vers 9 en 12; 21 vers 16 en 24; en 22 vers 21. - Daar is nog oneindig meer. In die Ou Testament van hierdie nuwe vertalings, is daar ook ingrypende veranderings en verdraaiings. Weer sê ek dat hierdie vertalings dan ook uiters dubbelsinnig geskryf is sodat jy dit letterlik kan vertolk nes dit jou pas – glad nie in ooreenstemming met die ware Woord nie! Dit is dan ook die groot doel daarvan – om dit só te skryf dat almal hul dwalings, sienswyses en ideologië daarmee kan staaf en jy dit kan interpreteer net soos jy wil!
Alle moderne bybelvertalings (in Afrikaans vanaf 1983) word deur die Rooms Katolieke kerk beheer met die doel van een wêreldgodsdiens wat sal inpas by die komende nuwe wêreld orde onder die beheer van die antichris!
Ek haal, met betrekking tot nuwe vertalings, die beskrywings van `n paar kenners op die gebied van Bybelvertalings aan:
"Die vertalers het hulself vryheid veroorloof om in terme van hul eie teologiese raamwerk verklarend te vertaal en in die proses die betekenis van baie tekste verander. `n Doelbewuste poging is ook aangewend om Ou-Testamentiese Messiaanse profesieë só te verdraai dat die leser nie moet agterkom dat dit op die Here Jesus dui nie." – Dr. Raymond Lombaard.
"Uit die geskiedenis alleen is dit reeds duidelik dat die nuwe Afrikaanse ‘bybel’ `n okkultiese agtergrond het. Uit die okkultiese agtergrond het `n okkultiese ‘bybel’ voortgevloei. Die resultaat is steeds met ons." – Ds. Johan Gouws.
"Prof van Bruggen van Kampen sê wanneer iemand die ‘Nagwag’ van Rembrandt met `n enkele dolksteek verniel, kom die hele wêreld in opstand. Maar wanneer yslike winkelhake uit die grondteks van die Bybel gekap word, gebeur dit ... geruisloos. Presies dit het met die nuwe Bybelvertalings in
4
Holland, Engeland, Suid-Afrika gebeur – wêreldwyd, gelyktydig ... en geruisloos. Wat veral verswyg word, is dat die 1983-vertaling baie meer as net `n nuwe vertaling is. Dis as`t ware `n ander Bybel met `n ander grondteks. Dit het ek eers hier in Portugal ontdek toe ek herhaaldelik probeer het om my Portugese Bybel met my nuwe Afrikaanse Bybel te vergelyk ... en nie daarin kon slaag nie. Hoe kan dit dan ook? Die perd het nie net `n blink nuwe saal gekry nie. Die perd self is omgeruil. Die ergste is, ons weet niks van die nuwe perd nie, tog word ons verplig om hom te ry." Die professor gaan dan voort deur te sê dat hy koue rillings kry oor die ontdekking dat daar ook geweldig baie ooreenstemming met die Jehova-getuies se verdraaide bybel is!
"My bekommernis is dat die Suid Afrikaanse Bybelgenootskap sedert 1975 besig was om die 1933 Afrikaanse Bybel te omskryf en te vertaal, om Agnostiese en Humanistiese sieninge te akkomodeer wat nie in die oorspronklike Textus Receptus* vervat was nie, maar ons weet reeds dat dit (die nuwe vertalings) die ideologie en dogmatiek van Westcott en Hort naamlik die Nestle Aland manuskripte bevat, wat die Rooms Katolieke kerk se dogmatiek bevat en bevorder." – Dr. Hannes Redelinghuys. *Die Textus Receptus is die afskrifte van die oorspronklike, ware Skrifte.
Vir die nuutste vertaling in Afrikaans – die 2016 vertaling – is weereens vervalste Rooms Katolieke brontekste gebruik. Dit word `n letterlike vertaling/direkte vertaling genoem, maar dit is direk vanuit hierdie vervalste tekse vertaal en nie uit die ware, betroubare brontekste nie. Weereens, nes met al die Afrikaanse vertalings vanaf 1983, word omtrent al die Bybelwaarhede verdraaid, afgewater en dubbelsinnig weergegee. Daar is dan ook doelbewus in die raamwerk van liberalisme, humanisme en modernisme vertaal. Hierdie vertaling se doel is, volgens die Bybelgenootskap self, om by die globale wêreldgodsdiens in te pas!!! Dit moet almal se sienings en leringe kan staaf. (Die vertalings vanaf 1983 doen dit reeds grootliks). Jesus is in `n groot mate selfs uit Ou Testamentiese profesieë wegvertaal deurdat verwysings na Hom in kleinletters geskryf word, terwyl verwysings na die satan in die Ou Testament met hoofletters geskryf is!!! (In die nuwe vertalings word ook nie meer die onderskeid tussen HERE [Jahwe – Verlosser/Verbonds-God] en Here [Adonai – Meester/Baas] gemaak nie.)
5
Die apokriewe boeke word ook nog as deel van hierdie bybel bygevoeg. (Lees asb ook op die internet onder – Die Nuwe 2016 Afrikaanse (New Age) Bybelvertaling – die referaat van Dr. Hannes Redelinghuys met berekking tot hierdie nuutste vertaling, maar dan ook oor Bybelvertalings in die algemeen).
Daar is soveel uiteenlopende aangepaste bybels dat dit onmoontlik is om Bybelwaarhede met sekere groepe te bespreek, want hulle volstaan op hul vals bybel en verwerp die waarheid van die ware Woord van God. Die nuwe 2016 bybel sal dan juis al hierdie verskille huisves en het niks anders as een wêreldgodsdiens ten doel nie! Die treurspel is dat meeste mense vir die nuwe vertalings val en glo dit is maar net `n vertaling wat makliker geskryf is en beter verstaanbaar in die moderne eeu is, terwyl dit glad nie eers meer God se Woord is nie! Baie skerpsinnig word die waarheid van die Woord ondergrawe en verkrag - Romeine 16 vers 17 en 18; Sefánja 3 vers 4; Maleági 2 vers 7 en 8. Hulle ontken natuurlik al die bogenoemde met ywer en dis vir elke saak `n verskoning op. – Moet u nie laat vang nie!!!
Die probleem vandag is dat die meeste geleerdes nie meer die Woord as die onfeilbare, onveranderlike, ewige Woord van God aanvaar nie en daarom vertaal hulle net soos hulle wil. Hulle glo dat die Bybel relatief is – met ander woorde – dat dit uiteenlopend is en deur die eeue vir elke generasie iets anders beteken en almal dit anders kan verstaan en vertolk en daarom kan ons maar die Bybel vertaal net soos ons wil! En dan het hulle die vermetelheid om hierdie verdraaide vertalings Die Bybel te noem! Vriende, as die Bybel na willekeur vertaal word, is dit mos nie meer die Woord van God nie en is dit hoegenaamd nie meer betroubaar nie!!! Dan is dit nie meer God-ingegee nie, maar mens-ingegee! (Lees vanaf bl.8 meer).
Die Ou Afrikaanse vertaling (die 1933/1953-vertaling*) is egter uit die oor- spronklike brontekste vertaal (die betroubare afskrifte daarvan) en met die grammaties-historiese vertalingsmetode vertaal. Presies dit wat in die ware Hebreeus, Aramees en Griekse tekste staan, is woord-vir-woord in Afrikaans oorgeskryf, sonder veranderings en sonder weglatings, selfs grootliks in dieselfde woordorde/ sinsorde, presies soos dit deur God ingegee en geseën is. Elke woord in die grondteks het betekenis en is deur God ingegee, daarom
6
is `n woord-vir-woord vertaling die ware Woord van God. `n Bybelvertaling moet die oorspronklike tale getrou en onveranderd weergee. Begripsver- talings (soos al die Afrikaanse vertalings vanaf 1983), kan nie as die Woord van God aanvaar word nie, want dis die mening van feilbare mense. Die Ou Vertaling is die ware Woord van God in Afrikaans. - Laat die Heilige Gees u daarvan oortuig! Kyk maar hoe God deur die jare weergeborenes by die Ou vertaling uitgebring het. En let maar op dat in `n kerk/gemeente waar die Woord suiwer verkondig word, die Ou vertaling as Bybel gebruik word! In Engels is die ware Woord die King James Version. Baie Bybelkenners en groot Godsmanne het al gesê dat die Ou Afrikaanse vertaling en die King James Version die 2 beste vertalings in die wêreld is!!! Ek sal ook die Nederlandse Statevertaling daarby plaas. Hulle sê grootliks dieselfde, omdat hulle sonder veranderings vanuit die ware brontekste vertaal is soos wat dit deur God ingegee is. Mens kan letterlik in die een volg terwyl daar uit die ander voor- gelees word! Die King James Version (1611) en die Nederlandse Stateverta- ling (1637) is vertaal voor daar aan die Bybel se manuskripte begin torring is, en die Ou Afrikaanse vertaling stem grootliks met hulle ooreen, omdat dit ook uit die ware tekste vertaal is en dié twee vertalings ook as maatstaf gebruik is!
(Daar is enkele, klein vertalingsfoutjies in die Ou-vertaling, maar dit is so gering dat dit maklik uitgewys en reggestel kan word. Dit word baie maklik in prediking reggestel. Die nuwe vertalings se foute (wat niks anders as doelbewuste veranderings is nie) is egter so baie en so geweldig, dat dit `n hele jaar se preke sal neem om hulle almal uit te wys en reg te stel. Dit raak letterlik elke hoofstuk in die Bybel!!! Dit is ook nie onbenullige foutjies nie, maar foute, veranderings en verdraaiings wat die waarheid van die Woord van God ernstig ondergrawe! Dit is net eenvoudig `n skande en deur en deur duiwelsgeïnspireerd!)
* Die rede waarom die Ou Afrikaanse Vertaling die 1933/1953-vertaling genoem word, is bloot omdat die vertaling in 1933 vrygestel is en toe in 1953 as hersiene uitgawe uitgegee is. Die verskil tussen die 1933 en 1953-uitgawes is 5000 woorde wat verander is. Dit is letterlik net verbeterings soos bv. slaaf wat op sommige plekke dienskneg geraak het, bene wat beendere geraak het, heerskappy voer wat verander is na heers en skaapwagters wat na herders
7
verander is. Ook is die leestekens verbeter volgens die latere verbeterde spelreëls. Geen verse is verander nie, maar net die 5000 woorde (wat baie min is) – bloot omdat Afrikaans nog in sy begin groeityd was. Eintlik in wese is dit presies dieselfde vertaling. Die 1933-vertaling is nie die eerste vertaling en die 1953-vertaling die tweede nie, maar die 1953-vertaling is net `n hersiene of verbeterde uitgawe van dieselfde vertaling.
As u die ware Woord van God in Afrikaans wil lees, lees die Ou Afrikaanse Vertaling /1953-vertaling. Leer ook u familie, vriende, bure, kollegas en veral ook u kinders en kleinkinders om die Ou Vertaling te lees! Die waarheid alleen red en maak vry – Johannes 8 vers 32; 17 vers 17.
Uiteenlopende interpretasies van die Bybel.
Hoe moet ons die Woord lees, verstaan en verklaar?
`n Derde saak waarmee baie mense worstel, is die verskillende interpretasies en vertolkings van die Bybel deur verskillende predikers en geleerdes. Vir my is dit eintlik eenvoudig: As dit wat `n prediker of geleerde sê, nie inpas by dit wat daar in die Woord staan nie, lieg hy! Die Woord verklaar homself grootliks! `n Prediker se werk is nie om sy idees of menings oor te dra nie, maar die Woord te verklaar met dit wat in die Woord staan. Met ander woorde – hy moet Skrif met Skrif verklaar! Slegs dan sal die waarheid gevind word! (Ja, `n prediker mag sy interpretasie van iets wat nie baie duidelik is nie, gee, maar dit moet steeds by die Woord inpas, nie `n weerspreking daarvan wees nie. En dan moet hy dit duidelik stel dat dit sy mening is en dit nie as die waarheid verkondig nie). Maar die mode vandag is om presies die teenoorgestelde as wat in die Bybel staan, te preek. Die Bybel word verdraai sodat mense kan hoor wat hulle graag wil hoor. As God sê sodomie is sonde, dan sê hulle dat dit `n alternatiewe leefstyl is en aanvaarbaar is. As God sê jy moet weer gebore wees, dan sê hulle dat dit nie nodig is nie, maar jy reg is soos jy is ens. Van Sola Scriptura het daar baie min oorgebly.
Betroubare Skrif-eksegese (Skrifverklaring) sal slegs geskied as daar van die
8
grammaties-historiese metode gebruik gemaak word, wat bloot beteken om die Woord letterlik op te neem terwyl Skrif met Skrif verklaar word. Dis so eenvoudig: presies dit wat daar staan, dit is wat God sê! Verder is dit ook onontbeerlik om te onthou dat Jesus die tema van die Bybel is! Die Bybel moet uitgelê word met Jesus as middelpunt. Opsommend gaan die Ou Testament oor Jesus wat sal kom en gaan die Nuwe Testament oor Jesus wat gekom het en weer gaan kom. As hierdie beginsels nie die onderbou van Skrifuitleg en prediking is nie, word die waarheid verruil vir die leuen!
Aanvaar die Bybel as die Woord van God.
Buig u onder die gesag van die Woord.
Baie mense in ons dag glo nie dat die Bybel die Woord van God is nie, maar dat dit die woorde van mense oor God is. Dit is niks anders as Godslastering nie! Kom ons kyk wat sê God Self oor Sy Woord: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." – 2 Timótheüs 3 vers 16 en 17; "Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo," – 1 Thessalonicense 2 vers 13. Die Bybel is nie `n ideologie of die woorde van mense nie, maar die onfeilbare, foutlose Woord van die lewende en heilige God! Dit bevat ook nie net die Woord van God nie, maar is die Woord van God. Hy kan nie foute maak of lieg nie: "God is geen man dat Hy sou lieg nie; of `n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?" – Númeri 23 vers 19; "Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in `n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal." – Psalm 12 vers 7. Lees ook Spreuke 30 vers 5 en Psalm 119 vers 140. Kan u met u hele hart sê dat u die volle Woord van God glo en aanvaar soos wat dit daar geskrywe staan?
Die Woord is wel deur mense neergepen, maar egter nie uit hulself nie. Dit
9
wat hulle geskryf het, is nie die produk van hul denke nie, maar is volkome deur God ingegee deur Sy Heilige Gees soos ons in 2 Timótheüs 3 vers 16 gelees het. Ons lees ook in 2 Petrus 1 vers 19-21: "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op `n lamp wat in `n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif `n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van `n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek." `n Baie groot bewys van die Bybel se egtheid en dat dit die Woord van God is, is sy profesieë. Eerstens die Ou Testamentiese profesieë wat in vervulling gegaan het, waarvan die vervulling dan later in die Ou Testament of in die Nuwe Testament opgeteken staan. Tweedens is daar die profesieë wat se voorspelling en vervulling in die Nuwe Testament opgeteken staan. Derdens is daar Ou- en Nuwe Testamentiese profesieë wat, nadat die Bybel klaar geskryf is, in vervulling gegaan het en in buite Bybelse bronne beskryf word. En vierdens is daar profesieë wat in die Bybel voorspel is en in ons dag in vervulling gaan! (Die res sal vir seker in die nabye toekoms ook in vervulling gaan).Daar is uiteenlopende profesieë onder andere oor die wêreld in sy geheel, lande, stede, oor konings, individue, volke, die kinders van God, die ongereddes, oor die volk Israel, die eerste koms van Jesus, oor Sy wederkoms en die eindgebeure ens. Die volmaaktheid en noukeurigheid van al die Bybel se profesieë is `n uitstaande bewys dat dit vir seker deur God ingegee en beheer is! Dit maak die Bybel uniek, want geen heidense godsdiens se sogenaamde heilige boeke het waaragtige profesieë in nie! (Daar is slegs selfvervullende uitsprake. – Dis net so goed ek sê: Sondag na kerk gaan ek huis toe. Geensins `n noemenswaardige uitspraak nie en glad nie `n profesie nie.) Die Bybel het honderde profesieë in wat geensins selfvervullend is nie en hulle word almal letterlik, tot in die fynste besonderheid vervul! Dit is profesieë wat vooruit (soms duisende jare vooruit) sê wat gaan gebeur, wanneer dit gaan gebeur, hoe dit gaan gebeur en met wie dit gaan gebeur en dan gebeur dit presies so! Dis inderdaad vooruitvertelde geskiedenis en onbetwisbaar deur God ingegee!
Sekere geleerdes het bereken dat die kans om net 8 dinge van `n baba voor sy
10
geboorte korrek te voorspel 1 op 10 met 17 nulle is. (Bv. waar hy gebore gaan word, watter dag en tyd, waar hy gaan skoolgaan, watter loopbaan hy gaan volg, waar hy gaan woon, watter tipe lewe hy gaan leef, wanneer hy gaan aftree en wanneer hy gaan sterf.) Van Jesus se eerste koms (Sy geboorte, lewe, sterwe, opstanding en tot by Sy hemelvaart), is daar nie net 8 nie, maar 465 profesieë in die Bybel! Om dit alles reg te voorspel is die kans 1 op 1 triljoen met 144 nulle! – En dit ís alles reg voorspel en tot in die fynste besonderheid vervul! Daar is altesaam ongeveer 1817 profesieë in die Bybel.
Dink net wat sal die kans wees om hulle almal reg te voorspel!!! Almal wat al in vervulling moes gaan, hét in vervulling gegaan – letterlik, presies, tot in die fynste besonderheid! Hoekom sal die res nie ook nie? Hulle sal vir seker! As u dan nie God wil glo, wat sê dat die Bybel Sy Woord is nie, kyk dan na die Bybel se profesieë en u sal sien dat net die lewende God so `n volmaakte Boek kon laat skryf het – Jesaja 41 vers 21-29; 46 vers 8-10. `n Aantal geleerdes getuig dat hulle begin navorsing doen het om te bewys dat die Bybel nie eg is nie en hoe meer hulle nagevors het en na bewyse gesoek het wat hul kan gebruik om aan mense te wys dat die Bybel nie betroubaar is nie, hoe meer het hulle bewyse gevind van hoe betroubaar die Woord van God is en is hulle vandag geredde mense wat veg vir die behoud van die Bybel!!!
(Besoek volgjesus.wixsite.com/kies vir `n lys van profesie-vervulling.)
In die nuwe vertalings is daar groot aanslae juis op profesieë! Talle profesieë, in besonder die wat op Jesus betrekking het, is so verdraai, dat hul vervulling in die Nuwe Testament nie aan die voorspelling in die Ou Testament verbind kan word nie!!! Vergelyk die volgende profesieë in die Ou Afrikaanse Vertaling met die in die nuwe vertalings en u sal sien dat Jesus heeltemal uitvertaal is: Psalm 2 vers 2 en 12; 22 vers 17; 45 vers 2 en 3; 110 vers 1; Jesaja 7 vers 14; 11 vers 1-5; 42 vers 1-3; 50 vers 4-10; die hele hoofstuk 53!; 61 vers 1; Daniël 7 vers 13 en 14; Miga 5 vers 1; Sagaría 9 vers 9; 12 vers 10.
Verder sorg die satan ook dat die profesieë wat nog in vervulling moet gaan, vergeestelik word, sodat ook hulle van hul Goddelike gesag beroof word, en mense later geen waarde aan die Bybel heg nie. Ook die boek Openbaring word grootliks vergeestelik met die gevolg dat mense later inlees net wat
11
hulle wil of glad nie die boek Openbaring lees nie, terwyl God aan ons deur hierdie kosbare boek die toekoms duidelik maak en sê dat diegene wat dit lees, hoor en bewaar, salig is – Openbaring 1 vers 3.
Ons het in 2 Timótheüs 3 vers 16 gelees dat die hele Skrif deur God ingegee is. En daarom praat Hy ook met ons deur Sy hele Woord – van Génesis tot Openbaring. Die boek Génesis is die volmaakte begin en die boek Openbaring die volmaakte einde. Die 66 boeke van die Bybel vorm `n volmaakte eenheid, daarom word dit ook nie die Woorde van God genoem nie, maar die Woord van God. (Hierdie volmaakte eenheid word `n al groter wonder as mens in ag neem dat God Sy Woord deur meer as 40 verskillende skrywers van uiteenlopende agtergronde, geaardhede en beroepe en met verskillende skryfstyle, in 3 tale, oor ongeveer 1600 jaar en op verskillende vastelande laat opteken het, in uiteenlopend verskillende omstandighede, omgewings en tydperke.) Maar in ons dag is daar baie mense wat hierdie eenheid misken, wat net die Nuwe Testament aanvaar en lees (ook soos dit hulle pas) en sê dat die Ou Testament geen betrekking meer op ons vandag het nie! Dis niks anders as `n gruwelike dwaling nie! 2 Timótheüs 3 vers 16 is al genoeg bewys dat die Ou Testament net so vasstaan soos die Nuwe Testament. Verder verwys Jesus en so ook al die Nuwe Testamentiese skrywers deurlopend na die Ou Testament en word daar voortgebou daarop. Sonder die Ou Testament sal ons nooit die Nuwe Tetsament reg verstaan nie en sonder die Nuwe Testa- ment sal ons ook die Ou Testament nooit reg verstaan nie. Die een kan nie sonder die ander nie (2 Korinthiërs 3 vers 14-16). Die Ou Testament is beslis ook God se Woord vir ons. Ons lees byvoorbeeld: "Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as `n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het." – 1 Korinthiërs 10 vers 11 - lees ook vers 6; "Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê." – Romeine 15 vers 4. Paulus sê in Handelinge 24 vers 14: "Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,". Paulus wat die grootste deel van die Nuwe Testament geskryf het, het die Ou Testament aanvaar, hoekom wil u dit nie aanvaar nie? Jesus
12
Self leer ons baie duidelik in Matthéüs 5 vers 17-19: "MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die min- ste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele." Vir seker is daar goed in die Ou Testament wat nie meer op ons betrekking het nie bv. die offers, reinigingswette, Levietiese wette, verbonde wat spesifiek met Israel gesluit is bv. die sabbatsverbond (Exodus 31 vers 12-18), die besnydenis ens, maar buiten die dinge wat baie duidelik aan ons in die Nuwe Testament uitgewys word dat dit deur Jesus se soendood en opstanding vervang of verander is, staan die res vas! Lees ook Romeine 4 vers 16-25; 1 Korinthiërs 9 vers 8-10; 15 vers 3 en 4; Matthéüs 22 vers 29; Lukas 24 vers 27, 44 en 45.
Ek loop eendag `n man raak `n jaar of twee nadat hulle getrek het en so ook na `n ander gemeente van die groot kerk in Suid-Afrika geskuif het. Hy sê my toe dat hy so bly is dat hy nou na dié gemeente kon skuif, want daar word net uit die Nuwe Testament gepreek, nou hoef hy nie meer na die vervelige goed van die Ou Testament te sit en luister nie! – So verag godsdienstige kerkmense God en Sy Woord sonder om te blik en te bloos.
Soos wat baie mense sekere dele van die Bybel verwerp (soos die Ou Testament of sekere boeke in die Bybel bv. Daniël en Openbaring), so is daar ook mense wat weer boeke of dele by die Bybel wil invoeg wat nie daar hoort nie. Hierdie boeke noem ons die apokriewe boeke. Die 66 boeke wat in die Bybel voorkom soos ons hom vandag het, word die kanonieke boeke genoem, omdat dit eg is. Kanon beteken wet, reël of rigsnoer. Apokrief daarenteen beteken verborge en word so genoem omdat hulle vir lank verborge gehou is, omrede hulle nie God-ingegee is nie, maar oneg is. Hul oorsprong is ook onbekend. Daardie boeke vorm nie `n eenheid met die Bybel nie, omdat daar baie weersprekings en teenwerpinge in voorkom. Dis `n mengsel van ware geskiedenis van daardie tyd, maar ook baie verdigsels. Baie duidelik is die mense wat dit geskryf het, nie deur God gedryf om dit te skryf
13
nie, maar het hulle dit uit hulself geskryf. Daarenteen is elkeen van die skrywers van die Bybel se Geskrifte deur die Heilige Gees gedrywe om presies te weet wat om te skryf – 2 Petrus 1 vers 19-21. Daarom pas die hele Bybel se Geskrifte soos `n legkaart inmekaar, maar die apokriewe boeke se stukkies pas nie in nie. In die Rooms Katolieke bybel word die apokriewe boeke as deel van die bybel geag en so ook in die nuwe 2016 Afrikaanse bybel! Asof daar nie reeds genoeg dwalings is nie, sal dit nou ernstig toeneem! Asseblief lees die Ou Afrikaanse Vertaling!
Sommige mense sê dat hulle die apokriewe boeke nie lees asof dit Skrif is nie, maar net vir interessantheid. Die gevaar is egter dat dit wat daarin staan in mense se koppe vassteek en later dink hulle onbewustelik dat dit is wat in die Bybel staan. So - wees baie versigtig! Onthou altyd dat die apokriewe boeke geen Goddelike gesag het nie!
Die Bybel soos ons hom vandag het – die 66 boeke/die kanon – beklee alleen Goddelike gesag en is volkome Geesgewerk – 2 Timótheüs 3 vers 16. Dit is die volledige, afgesluite Woord van God. Ons mag daar niks byvoeg nie en ons mag daar niks van wegneem nie: "Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel." – Deuteronómium 4 vers 2; "Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie." – 12 vers 32; "Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die heilige dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is." – Openbaring 22 vers 18 en 19; "Elke woord van God is gelouter; Hy is `n skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as `n leuenaar openbaar word nie." – Spreuke 30 vers 5 en 6. – Die enigste plek in die Bybel waar ons van Agur lees, is hier in Spreuke 30. Nêrens anders in die Bybel word eers na hom verwys nie en dus weet ons nie wie hy is en wat sy
14
agtergrond is nie. Maar in die 33 verse van Spreuke 30 sien ons dat hierdie onbekende man dit gehad het wat by die meeste Christene (en veral teoloë en predikers) vandag ontbreek, naamlik – volkome onderdanigheid aan God en Sy Woord. Hy het hom nie slim gehou en aan God se Woord getorring nie, maar dit volkome aanvaar soos wat dit geskryf is, terwyl hy `n heilige ontsag daarvoor gehad het. Hy het nie homself voor God groot gehou nie, maar hom voor die lewende God verneder en in die vrees van die HERE gewandel, terwyl hy Hom bewonder het. Hy het tot geweet van Jesus! – vers 4. In Jakobus 3 vers 17 lees ons: "Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins." Nou die woord geseglik wat hier gebruik word, beteken om `n leerbare gees te hê. M.a.w. om onvoorwaardelik en met volkome ontvanklikheid te leer en te aanvaar wat God deur Sy Woord sê. Dis presies die gesindheid wat Agur gehad het – hy het God se Woord onvoorwaardelik en met oorgawe aanvaar, sonder om enigsins beterweterig te wees, en dan ook God se Woord geleef. Ek wil u aanmoedig om Spreuke 30 vers 1-33 biddend te lees en die Heilige Gees toe te laat om u die gesindheid van Agur te leer.
Ons moet ook nie net lees wat ons pas nie, want die Bybel is nie `n spyskaart nie. Ons moet God met ons laat praat deur die ganse Bybel en die ganse Bybel volgens God se Wil gehoorsaam. Slegs dan gaan ons God se volle Raadsplan verstaan, in Sy Wil leef en Hom behaag. Veral die boek Openbaring word deur baie mense vermy, omdat die duiwel die dwaallering dat dit `n toe boek is, laat seëvier. Die boek Openbaring is net so min `n toe boek as wat die Evangelie volgens Johannes `n toe boek is. Ons lees uitdruklik in Openbaring 22 vers 10: "En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby." Die boek Daniël was `n toe boek, maar is ook nie meer vandat die boek Openbaring geskryf is nie, omdat hulle nou saam gelees moet word. Dit is die tyd van die einde waarvan ons in Daniël 12 vers 4 lees: "En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder." Net die verstandiges sal egter hierdie profesieë verstaan: "En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot
15
die tyd van die einde toe. Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan." – Daniël 12 vers 9 en 10. (Die verstandiges is elke geredde wat geseglik is en die Woord deur die Heilige Gees lees). Elke weergeborene sal besef dat hierdie profesieë nie meer daar ver in die toekoms lê nie, maar dat die mensdom lankal reeds in die eindtyd inbeweeg het en ons in die laaste oomblikke daarvan leef. Die boek Openbaring en Daniël is so oop dat ons hul profesieë m.b.t. die dae net voor Jesus se wederkoms rondom ons in vervulling sien gaan en sien hoe dinge in plek gesit word vir die ander om in vervulling te gaan! En so is die hele Bybel so vars en op datum soos vandag se koerant – net baie meer, want die koerant het foute en mense se opinies in, maar die Bybel is volmaak. En die koerant deel aan ons baie probleme mee, terwyl die Bybel aan ons die probleme én hul oplossings meedeel - en bo alles die Verlosser meedeel!
Dan is daar mense wat sê dat die Bybel vol weersprekings is en dat mens dikwels nie regtig kan sê wat in sekere gedeeltes bedoel word nie. - Dit bring ons maar net weer by die groot geheim uit: Skrif moet altyd met Skrif vergelyk word. Dan word dit baie duidelik dat daar geen weersprekings in die Bybel is nie. Dit is dan ook die manier om dwaalleringe te eien en uit te skakel. Ons moet soos die Jode in Beréa wees: "En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was." – Handelinge 17 vers 11. Jesus sê vir die Sadduseërs in Matthéüs 22 vers 29: "Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie." (Let op die meervoud – Skrifte). Wanneer ons deurentyd Skrif met Skrif vergelyk, sal ons sien dat daar nie weersprekings in die Bybel is nie en sal ons duidelik weet wat God sê en bedoel, sover Hy wil hê ons moet weet. Die Bybel is soos `n legkaart – elke stukkie moet op sy regte plek kom. Die een Skrifgedeelte verklaar die ander Skrifgedeelte en so openbaar God die waarheid van Sy Woord. Jesus gee aan ons die voorbeeld van Skrif met Skrif vergelyk in Matthéüs 4 vers 1-11 tydens Sy versoeking deur die duiwel in die woestyn. (Ek wil ook terloops sê dat die duiwel die Bybel beter as enige mens ken! As u nie Skrif met Skrif kan vergelyk nie, gaan die
16
swaard van die Gees u niks help nie, want wat gaan u doen as die duiwel u met `n Bybelvers gooi? Dis wat hy met Jesus gedoen het - Matthéüs 4 vers 6. En wat het Jesus toe gedoen? – Skrif met Skrif vergelyk - vers 7).
Daar is selfs mense wat God uitdaag deur te sê dat hulle nie iets wat net een maal in die Bybel staan, hoef te glo nie – bv. dat mens weer gebore moet word! Wel, God hoef nie iets twee maal te sê nie, want Hy bedoel dit die eerste maal. As Hy iets meer as een maal sê, is dit net genade!
`n Ander euwel wat baie algemeen in ons dag is, is ongereddes wat die Bybel willekeurig aanhaal om geestelik te klink of om hul ideologie valslik te ondersteun, terwyl hulle hul hoegenaamd nie aan die gesag van God of Sy Woord onderwerp nie. God spreek hulle ook baie duidelik aan: "Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond – terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?" – Psalm 50 vers 16 en 17. Dit help nie om mooi praatjies te maak nie! Verder is daar ook ongereddes wat die Bybel teenoor gereddes aanhaal om hul daardeur te beoordeel of selfs te veroordeel – jy het geen reg daartoe nie! – lees 1 Korinthiërs 2 vers 15 en Romeine 8 vers 1.
Baie mense lees net dit in die Bybel wat vir hulle aanvaarbaar is en baie lees glad nie die Bybel nie, omdat dit in geheel nie vir hulle aanvaarbaar is nie. God sê egter: "Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding." – Spreuke 13 vers 13; "Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en Hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig." – vers 16 vers 20; "Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde `n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek." – Hebreërs 12 vers 25.
Die afkeer van die Woord is oor-algemeen in ons dag. Baie weergeborenes kan soos Jeremia uitroep: "Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle `n smaad, hulle het daar geen behae in nie." – Jeremia 6 vers 10. Sommer gou-gou kom mens agter as iemand nie behae in die Woord het nie – baie van hulle is godsdienstige kerkmense!!! Hulle sal so
17
teësinnig saampraat of met `n afsydige uitdrukking op hul gesig sit en luister en jy sien sommer dat hulle nie kan wag dat die gesprek moet verander nie. Die Psalmis skryf in Psalm 119 vers 158: "Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie." En in Jesaja 30 vers 9 lees ons: "Want dit is `n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;" Mense sien neer op die Woord, omdat dit indruis teen hul verdorwe sedes. Mense vlug daarvoor, omdat dit hulle aanspreek oor hul verlore en sondige toestand. Mense haat die Woord, omdat dit skerper is as enige tweesnydende swaard en hul lewens en sonde blootlê. Baie mense in ons dag, veral ook kinders en jongmense, het die gesindheid van Psalm 2 vers 2 en 3: "Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfte (Jesus) en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!" In vers 4 lees ons egter: "Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle." (Lees die hele Psalm). God sê verder in Jesaja 5 vers 24: "Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het." So lees ons ook in Psalm 119 vers 118: "U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens." In Jeremia 36 vers 1-32 lees ons van koning Jójakim wat God se profesieë wat Hy deur Jeremia laat opteken het, verbrand het. Hy het gedink hy is baie oulik, maar ons sien dat God hom soos `n dier laat sterf het – Jeremia 22 vers 18 en 19. God laat Hom nie bespot of Sy Woord verag nie! – Galásiërs 6 vers 7. God beskerm Sy Eer en bewaar Sy Woord.
Sommige mense wil hulself regverdig en kwytskeld van die Woord se aanspraak op hul lewe deur te sê dat die Bybel `n ideologie is, maar tog noem hulle hulself Christene! En dan dink hulle regtig, omdat hulle nie die Bybel glo nie, dit nie op hulle van toepassing is nie!!! (Dis nou wat die Bybel `n dwaas sal noem – Spreuke 10 vers 8; 12 vers 15; 26 vers 12.) So sal elke mens wat hom nie aan die Woord wil onderwerp nie, een of ander verskoning hê en dink dat hulle daardeur geregverdig is. Dieselfde Woord wat mense nou verwerp, gaan hulle egter eendag oordeel as hulle nie die Woord gaan
18
aanvaar en tot bekering gaan kom nie: "Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag." – Johannes 12 vers 48. Mag hul oë betyds oopgaan. Kom ons as weergeborenes bid dat hulle sal begin ag gee op God se Woord voor dit te laat is!
Ten spyte van mense se haat teenoor die Bybel, wat deur die eeue baie pogings om die Bybel geheel en al uit te wis, tot gevolg gehad het en ten spyte van die vervalsing en verdraaiing van die Bybel, het God wonderbaarlik gesorg dat Sy ware Woord steeds seëvier!: "Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid." - Jesaja 40 vers 8. Ons moet God daagliks dank vir Sy Woord – dat ons hom in ons eie taal het, sonder vervolging kan lees en Godgewerkte Woordbediening ontvang (ek hoop u ontvang dit), want miljoene mense in die wêreld het nie hul eie Bybel of nie in hul eie taal nie, word vervolg as hulle `n Bybel besit en word verbied om in die Woord onderrig te word. In baie gevalle word Bybelblaaie in klein deeltjies opgeskeur en onder mense uitgeruil, sodat elkeen darem `n paar versies van die Bybel kan lees. Daar is miljoene mense wat smag om die Bybel te kan lees, terwyl by die vry Christene die Bybel onder die stof lê! Dan wonder mens waarom dit in Suid-Afrika gaan soos dit gaan – dis doodeenvoudig omdat ons volk God en Sy Woord van hulle af wegstoot! Ons lees in Hoséa 4 vers 6: "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet." Ons leef in die kennisontploffing-era, maar meeste kennis is al verder weg van die Woord af. (Jeremia 8 vers 9). Die Woord van God moet die vertrekpunt na die soeke na kennis wees! Die deursnee mens (veral ook kinders) het al so verval in wêreldse norme en in anargie (doen wat jý wil) dat hulle die Woord as iets vreems ag: "Ek het hom tienduisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag." – Hoséa 8 vers 12. (Vers 11 sê dat hulle die altare vermeerder het, maar dat dit vir hulle tot sonde geword het – so vermeerder kerke in ons dag soos wat paddastoele opskiet, maar die Woord word al hoe skaarser en sonde al meer, want die meeste kerke onderwerp die Woord aan hul dogmas en staan humanisme voor. Daar
19
is baie min kerke wat op die Woord geskoei is – maak seker u is by een waar die Woord in waarheid, soos wat dit geskrywe is, gepreek word, waar daar dan ook siele gered word, mense geestelik groei en waar Evangelisasie en Sending volhartig in gedeel word!)
Waar die Woord se standaard geld en geleef word, heers daar orde, vrede, lewenssin, sekerheid, liefde, eerbied, samewerking, eenheid, hoop, gehoor- saamheid, geregtigheid, sedelikheid en die strewe na heiligheid, hetsy in die politiek, gemeenskap, skool, werksplek, gesin, of in die gemeente, maar daar waar die Woord nie welkom is nie of nie geleef word nie, daar is chaos, onvrede, doelloosheid, onsekerheid, haat, oneerbiedigheid, skeuringe, partyskap, wanhoop, anargie, ongeregtigheid, onsedelikheid en onheiligheid.
Die oplossing vir die wêreld se probleme is in die Woord van God te vind, maar in plaas daarvan dat mense daarin delf, verwerp hulle dit met minagting en so versleg wêreldomstandighede by die dag. Die vleesgeworde Woord wat nie net die oplossing bied nie, maar dit Self is, is vir die meeste mense `n aan- stoot en daarom is die wêreld in die moeras waarin dit is. Mense kan nie ver- staan waarom die oorgrote meerderheid kinders en jeug van ons dag sonde in elke vorm so met ywer nastreef nie – dis doodeenvoudig omdat die Woord nie meer die norm in die samelewing is nie en ook nie meer oor die algemeen aan kinders voorgehou word en hulle nie volgens die standaard van God se Woord grootgemaak en beheer word nie! (Rigters 2 vers 10; Handelinge 2 vers 40). Onthou: Jesus is die Woord en sonder Hom sal mense se lewens en die wêreld `n gemors wees! Ons kinders het die Woord nodig! Hulle het Jesus nodig!!! Hulle moenie net van Hom weet nie, maar die boodskap van bekering, wedergeboorte en heiligmaking hoor en geleer word dat hulle Jesus moet aanneem en moet volg. Hulle moet ook na `n kerk geneem word waar dit aan hulle geleer word, nie waar dit net oor speletjies en vermaak gaan en waar die musiek `n disko is nie! Niks anders as die suiwer Woord en Jesus moet die fokus wees nie!!! Sonder die Woord is daar nie hoop nie en word hulle van Jesus weggehou – Romeine 10 vers 9-17. (Die wat Hom nie aanneem nie [ongelukkig die meeste – Matthéüs 7 vers 13 en 14], moet dan volgens die Bybel se norm en op die Bybelse manier in bedwang gehou word, terwyl hul voortdurend met die Woord/ Evangelie bedien word).
20
Die satan werk die Woord uit alle vlakke van die samelewing uit naamlik uit die politiek, werksplekke, skole, kerke in die breë, huisgesinne en uiteindelik uit mense se lewens. As die Woord weer sal geld, sal die hele samelewing verander! Wees u die voorbeeld en maak u die verskil deur die Woord te leef en te verkondig. Leef Woorddeurdronge: "En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op die pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan." – Deuteronómium 6 vers 6 en 7. En verkondig die Woord – 2 Timótheüs 4 vers 1-5. As ons die waarheid/God se Woord terughou, gaan die satan daardie gaping vul!!!
Ek wil by u wie se Bybel verwaarloos lê, pleit om God se Woord te beginbestudeer, onder die leiding van die Heilige Gees. Laat God toe om met u te praat. Vir u wat deur dwaalleraars mislei is, dat die Bybel vergeestelik moet word, bid ek die Heilige Gees se oortuiging toe, dat die Woord letterlik gelees en verstaan moet word: "Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan," – 2 Korinthiërs 1 vers 13. Lees ook Johannes 14 vers 29; Jesaja 14 vers 24; 46 vers 9-11; 48 vers 3 en 2 Petrus 1 vers 19-21. Die Bybel is vol bewyse dat God bedoel wat Hy sê. Selfs wanneer van beeldspraak of simbole gebruik gemaak word, dui dit ook op iets of iemand letterlik. Baie predikers en kerke in ons dag wil die Bybel vergeestelik nes hulle lus is en daarom dwaal hulle grootliks. As die Woord nie letterlik in vervulling gaan nie, dan het God mos nie gedoen wat Hy gesê het Hy gaan doen nie! Maar God is volmaak en waaragtig en doen altyd wat Hy sê! Neem God op Sy Woord! Lees net die Bybel biddend en in nederigheid en u sal sien dat die Woord letterlik bedoel word. (Natuurlik moet ons ook geestelike lesse uit die Skrif leer, maar die letterlike betekenis mag nie vervang word nie.) Mens staan verbysterd oor hoe skerpsinnig mense die Bybel verdraai. Ek wil u uitdaag om altyd Skrif met Skrif te vergelyk en u sal verbaas wees om te sien hoe God met u praat en hoe u dwaallerings kan eien, natuurlik net as u u deur die Heilige Gees laat lei.
Waak teen dwaalleringe en misleiding:
Ek wil u ook waarsku teen mense wat sê dat ons moet onthou dat almal die
21
Bybel anders verstaan, omdat ons almal ander sienswyses van die Woord het. Verwerp asseblief hierdie demoniese lering. Dis juis omdat mense die Bybel met hul sienswyses benader dat daar soveel dwaallerings is en dat mense nie meer sekerheid oor die waarheid het nie. God stel nie in ons sienswyses belang nie – Hy wil net aan ons die waarheid openbaar. Let daarop dat God praat van die waarheid en nie `n waarheid nie: "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid." – Johannes 17 vers 17; "En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak." – 8 vers 31 en 32. Lees ook hoofstuk 16 vers 13. Die hele Woord is die waarheid: "Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid." – Psalm 119 vers 160.
As `n kerk/gemeente nie op die fondament van die waarheid gebou is nie, het hy geen bestaansreg nie! Die rede hoekom daar in meeste gemeentes geen bekerings is nie, is omdat die waarheid wat oortuig en vrymaak nie te vinde is nie. Onthou altyd: Jesus Self is die Woord en die waarheid – Johannes 1 vers 1-3 en hoofstuk 14 vers 6. Die hoof maatstaf om `n gemeente te kies, moet wees: Hoe word die Woord van God hanteer en verkondig? Word die Woord suiwer, reguit, onverskrokke en volhardend bedien of word dit as minder belangrik geag, afgewater, vervals en misbruik? En dan: Lei die Woordbe- diening tot bekerings en word mense se lewens daardeur verander?
Die waarheid is ewig vas en geopenbaar. Maar meeste mense wil nie die waarheid van God se Woord aanvaar nie, daarom maak hulle daarmee net wat hulle wil en mislei duisende mense. God waarsku dat Sy Woord reg gesny moet word: "Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as `n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny." – 2 Timótheüs 2 vers 15. Paulus waarsku ons teen misleiding: "DIT sê ek, dat niemand julle mag verlei met drogredes nie ... Pas op dat niemand julle as `n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie." – Kolossense 2 vers 4 en 8. (Met Jesus se profetiese rede in Matthéüs 24 waarsku Hy ons 3 maal om nie mislei te word nie!). Lees weer aandagtig wat Jesus in Matthéüs 22 vers 29 sê. Die grootste rede vir
22
dwaallering en misleiding is omdat sommige verse uitgehaal word en leerstellings daarop gebou word, en dit deur predikers se eie insig, terwyl God vereis dat ons Skrif met Skrif moet vergelyk en dit deur Sy krag, die Heilige Gees wat in Sy volgelinge werk! Maar vandag word die meeste predikers en geleerdes deur die gees van die antichris gelei! Ons lees in Jeremia 23 vers 28-33 en 36: "Die profeet by wie `n droom is, laat hom `n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE. Is my woord nie só, soos `n vuur, spreek die HERE, en soos `n hamer wat `n rots vermorsel nie? Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander. Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en die volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE. As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die HERE gelas? – dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die HERE ... Maar van: die HERE het gelas – mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God." Lees ook vers 34-40. Paulus kon van homself en sy medewerkers sê: "Maar ons het van die heimlike dinge, wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan." – 2 Korinthiërs 4 vers 2 (lees ook hoofstuk 2 vers 17). En baie treffend lees ons in 1 Thessalonicense 2 vers 1-6: "Julle weet tog self, broeders, dat ons ingang by julle nie tevergeefs was nie; maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd. Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie; maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef. Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met
23
bedekte hebsug nie. God is getuie. Ook het ons nie eer van mense, óf van julle óf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree." Meeste predikers in ons dag, is egter van die waarheid beroof en sien die bediening as `n werk en nie `n roeping nie – 1 Timótheüs 6 vers 3-5. Hulle het die waarheid vir die leuen verruil – Romeine 1 vers 25 (lees vers 18-32). Hul gewete is deur satan gebrandmerk – 1 Timóheüs 4 vers 1 en 2. Hulle is sonder geestelike insig en is blinde leiers van blindes – Matthéüs 15 vers 14. Moet u nie laat mislei nie! Paulus sê in Galásiërs 1 vers 8: "Maar al sou ons of `n engel uit die hemel julle `n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom `n vervloeking wees!" Dank God vir die predikers wat vasstaan in die waarheid en dit getrou en onverskrokke verkondig en leef! Lees verder in die boek oor valse leraars onder - Eindtydse misleiding - waar dan ook baie Skriftuurplase gegee word.
Die meeste aanslae teen die Woord van God kom nie van buite die kerk nie, maar van binne die kerk! Die meeste moderne teoloë (mitoloë) en predikers aanvaar nie die Bybel as God se Woord nie. Hulle sê dat die Bybel deur `n klomp dom mense geskryf is (skaapwagters, vissermanne ens.) en dat hulle nie dinge verstaan het soos ons nie. Hulle sê dat ons vandag in die verligte eeu leef en die Bybel nou reg begin verstaan. Die wetenskap word ook deurentyd as wapen teen die waarheid van God se Woord gebruik. Hulle praat van die voor-wetenskaplike tyd en die na-wetenskaplike tyd en sê dat die wetenskap aan ons kennis gee en dinge aan ons openbaar wat vorige geslagte nooit van bewus was nie. (As hulle maar net wil besef dat God se Woord geensins van wetenskap of enige menslike insig afhanklik is nie, maar dat die Heilige Gees ons in die ewige, onveranderlike waarheid lei). Maar volgens hulle het ons nou nuwe openbarings vir ons tyd gekry, daarom word amper alles in die Bybel vandag bevraagteken en aan getorring. Hulle maak die Bybel ondergeskik aan die wetenskap en mense-idees! Hulle plaas die Bybel onder die soeklig om na foute te soek, in plaas dat hulle die Bybel die soeklig oor hul lewe laat wees. Baie van hulle sê dat ons vandag nogsteeds aan die Bybel skryf en ons die Bybel in die lig van die nuwe openbarings van die moderne eeu moet lees en dit daarvolgens moet aanpas. Al die fundamentele waarhede van die Bybel word nou anders verklaar, verweef met on-Bybelse
24
leringe, vergeestelik of eenvoudig afgewys bv. dat God 3-enig die Skepper van die hemel en aarde is, die sondeval, die bestaan van die duiwel, hel en hemel, Jesus se maagdelike geboorte, dat Jesus God is, Sy wonderwerke, Sy kruisdood en opstanding, Sy hemelvaart, Sy wederkoms, dat elke mens in sonde ontvang en gebore word, bekering, wedergeboorte, heiligmaking, Goddelike genesing en so al die duidelike, onveranderbare norme, werkinge en waarhede van God. Dit is geensins verrassend of verbasend dat dit gebeur nie, want Jesus het voorspel dat vlak voor Sy Wederkoms sal dit so wees: "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei." – Matthéüs 24 vers 11. Wat wel verbasend is, is hoe baie kerkmense doodeenvoudig hierdie dwalings sluk! Maar as mens mooi gaan kyk, hoe stelselmatig die verval en misleiding oor jare heen, ingesyfer het, is dit ook nie meer so verbasend nie. As ons die voorbeeld van sodomie/homoseksualisme neem: Die meeste mense aanvaar sonder enige verweer die uitsprake van die sekere kerk en hul predikers, ten spyte van die duidelike, onweerlegbare uitsprake van God daarteen.* Maar oor jare heen, is hulle gebreinspoel deur afgewaterde, misplaasde liefdespre- diking. Sonde word onder `n lagie versiersuiker bedek wat hulle liefde noem. God se geregtigheid word uitgeskuif en Sy liefde misbruik om sonde te reg- verdig en almal in die kerk plek te gee. So word mense in hul sonde getroetel en hel toe gesus in plaas dat hul sonde uitgewys word en hulle na Jesus gelei vir verlossing! Dit is die verlossingsboodskap van die Bybel, maar vandag word dit geïgnoreer om plek te maak vir humanisme wat leer dat jy die reg het om te leef soos jy wil, solank jy net jou bes probeer om `n beter mens te word. God ís liefde, maar óók is Hy die God van geregtigheid – Hy sal nooit sy gereg- tigheid offer op die altaar van Sy liefde nie!!! Sonder geregtigheid, is liefde nie meer liefde nie, maar haat! Die grootste vorm van liefdeloosheid sou wees as God Sy geregtigheid moes prysgee!!! Ons lees in Psalm 119 vers 142: "U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid." God is die God van geregtigheid tot in ewigheid nes Hy tot in ewigheid liefde is. Jesus is DIE HERE ONS GEREGTIGHEID – Jeremia 33 vers 16, terwyl die antichris die ongeregtige is – lees asseblief 2 Thessalonicense 2 vers 3-12. Lees verder oor geregtigheid o.a. : Hoséa 10 vers 12; Jesaja 45 vers 8; 64 vers 5-7; Psalm 85 vers 11 en 14; 111 vers 3; Spreuke 14 vers 34; 1 Korinthiërs 1 vers 30).
25
As die leringe oornag die kerk ingekom het, sou baie minder mense dit aanvaar het, maar dit word stelselmatig bewerk. Dis soos om die temperatuur van `n padda se waterpoel elke nou en dan bietjie warmer te stel. Elke keer word sy liggaam gewoond aan die hitte, omdat dit net `n bietjie warmer gestel word en dit stelselmatig geskied. Maar aan die einde van die dag lê hy witpensie bo. En so word mense stelselmatig saggemaak. In meeste kerke word ongereddes ongered gehou deurdat geen bekerings-boodskap ver- kondig word nie. Maar dan word hul ook nog verder van die kans tot oor- gawe weggelei deur die waarheid van die Woord van God te ondergrawe en/of Woordprediking te vervang of af te skaal deur motiveringpraatjies en allerhande mooi storietjies. Daarom sit die meeste kerke vandag vol mense wat godsdienstig is, maar ongered. Daar is baie godsdiens, maar min Woord – presies soos in die dae van Samuel: "EN die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie." Die waarheid word grootliks vermis – Jesaja 59 vers 14-16. In sommige gevalle is daar weergeborenes in `n gemeente, maar hulle is geestelik brandmaer en kragteloos weens `n gebrek aan vaste spys uit God se Woord. Mense word geestelik uitgehonger en vermoor deur saagsels, terwyl daar `n groter nood na die Woord is as ooit te vore. Daar word vertel van `n oom wat sy donkie hawermout gevoer het. Sy bure en vriende sê toe vir hom dat hy gek is om sy donkie sulke duur kos te gee. Na `n tyd besluit die oom dat hulle seker reg is en haal een hand vol hawermout weg en vul dit aan met `n hand vol saagsels. So maak hy toe elke dag die donkie se voeding `n hand vol hawermout minder en `n hand vol saagsels meer. Net toe hy dink dat die donkie nou gereed is om net saagsels te eet, toe vrek hy van die honger! – Net so is dit in ons dag geestelik – die Woord word so afgewater dat mense geestelik uitgeteer is! Daar is `n dringende behoefte aan vaste spys, aan Geesgewerkte Woordbediening! Mooi praatjies en storietjies, preke wat sê wat mense graag wil hoor en niks anders as gees- telike toneelspel is nie, of nuwe dinge wat die kerk ingedra word, het geen voedingswaarde of drakrag nie en bied geen beskerming nie! Dit help ook nie mense stap diep emosioneel aangeraak by `n kerk uit, maar hulle het nie Godgewerkte Woord ontvang wat hulle lewe kan verander en hulle geestelik kan dra en beskerm nie. Die oplossing vir geestelike doodsheid en verval is nie
26
om mense in hul gehoor te streel of dat die kerk moet vernuwe nie, maar dat daar teruggekeer word na die Woord van God! Keer terug na die ou paaie van God se Woord: "So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siele. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie." – Jeremia 6 vers 16. Die keuse lê by u of u verder in u gehoor gestreel wil word en mislei wil word en of u deur God se Woord geleer, opgebou en verander wil word – lees weer 2 Timótheüs 3 vers 16 en 17. En as u nog nie gered is nie, wil die Heilige Gees u deur die Woord lei tot bekering – Jakobus 1 vers 21.
* (Lees die duidelike uitsprake met betrekking tot sodomie/homoseksualisme in die Woord van God en u sal sien dat daar geen grond vir ander inter- pretasies of nuwe verstaan is nie – Levítikus 18 vers 22; 20 vers 13; Romei- ne 1 vers 24-32; 1 Korinthiërs 6 vers 9-11; 1 Timótheüs 1 vers 8-11; 2 Petrus 2 vers 6-8; Judas vers 6-8. Duideliker kan dit nie gestel word nie. Geen menslike interpretasie of verandering van die Skrifte of enige verskoning sal ooit God se standaard verander nie! Dis nie `n siekte of alternatiewe leefstyl nie, dis `n sonde! En niemand word so gebore nie! Dis `n keuse nes met enige ander sonde! Moenie verskonings vir sonde uitdink nie – dit gaan uiteindelik net die ewige dood oplewer. Vlug na Jesus toe vir vergifnis en verlossing! – Efésiërs 1 vers 7).
Is u nie dalk ook vasgevang in die greep van `n vals kerk/sisteem nie? Moenie dat hulle vir u dink en besluit nie – staan by die Woord! Moenie dat dwaal- leraars u verder mislei nie! U sal hulle moet begin aanvat – of dit nou u eie predikant is en of dit televisie- of radiopredikers is, maak ernstige beswaar wanneer die waarheid van God se Woord ondergrawe word – Titus 1 vers 9-16. Dis elke weergeborene se plig om die waarheid te verdedig en ook ander mense te waarsku – 2 Timótheüs 4 vers 1-5. En as u by `n kerk is waar die Woord verdraai word, gaan soek een waar die waarheid bedien word, waar suiwer Woordverkondiging siele red en lewens ingrypend verander!
Al hoe u gaan weet of prediking die waarheid is, is as u alles onder die leiding van die Heilige Gees aan God se Woord gaan toets deur Skrif met Skrif te vergelyk. Lees ook, wanneer u Bybelstudie oor bepaalde onderwerpe doen, al
27
die Skrifte met betrekking tot daardie onderwerp. (Ek wil u egter ook waarsku om kruisverwysings [en opskrifte] in u Bybel met versigtigheid te benader, want dit is nie altyd in verband nie. – Onthou: Dit is ie deel van die oorspronklike geskrifte nie, maar deur die vertalers ingevoeg.) Bid God om u in die waarheid van Sy Woord te lei: "Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge," – Psalm 43 vers 3; "Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag." - Psalm 25 vers 5. Laat die Gees van die waarheid toe om u in die waarheid te lei:
Sommige mense se verskoning om nie die Bybel te lees nie, is dat hy te moeilik is om te verstaan. Dit is egter maar net `n teken van verlorenheid of dwaling, want `n weergeborene wat deur die Gees wandel sal die Woord verstaan, omdat die Heilige Gees dit aan hom openbaar: "Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus." 1 Korinthiërs 2 vers 12-16; "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toe- komstige dinge aan julle verkondig." - Johannes 16 vers 13. Lees ook Johan- nes 14 vers 26 en Deuteronómium 30 vers 11-14. Uit onsself sal ons nie die Bybel verstaan nie – ons is volkome van die Heilige Gees afhanklik! Hy is ook die Een wat die begeerte in ons hart opwek om die Woord van God te lees.
`n Prediker vertel dat hy eendag met mense gesels en hulle vir hom vertel van die wonderlike kind van die Here wat hy moet ontmoet. Toe hy met haar ontmoet en gesels, vra hy haar of sy ooit haar Bybel lees en antwoord sy: "O no, that`s too boring!" Die prediker sê toe dat sy daar geopenbaar het dat sy
28
toe nie `n kind van die Here is nie! En so is daar duisende mense wat sê dat hulle Christene is, maar die Bybel is vir hulle vervelig. Daardeur bewys hulle dat hulle niks anders as naam-christene is nie!
`n Weergeborene sal spontaan `n liefde vir die Woord hê, omdat dit die Woord is van Hom aan wie hy behoort: "Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!" – Jeremia 15 vers 16. Lees in Nehemía 8 en 9 hoe diep die Woord die volk aangeraak het, met watter liefde, erns en eerbied hulle op die Woord ag gegee het en watter lewensveranderende werking dit in hul lewens gehad het. Om God waarlik te ken, te dien, te behaag en ons verhouding met Hom waarlik te laat groei, moet ons Sy Woord ken, gehoorsaam en vertrou:
Ken, gehoorsaam en vertrou God se Woord:
Om die Woord te ken, moet ons gehaltetyd met die Bybel deurbring: "en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei," – 1 Petrus 2 vers 2; "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid..." – Kolossense 3 vers 16. Mens staan verstom oor die meeste kerkmense se onkunde oor die Woord van God. As ons nie tyd met God se Woord gaan deurbring nie, gaan van ons ook waar word wat Paulus aan die Hebreërs moes sê: "Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat `n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy `n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei." – Hebreërs 5 vers 12-14 (lees ook hoofstuk 6 vers 1-3). En wat hy aan die Korinthiërs moes sê: "EN ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is;
29
want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?" – 1 Korinthiërs 3 vers 1-3. Lees ook Kolossense 2 vers 1-3. Ons moet egter nie die Bybel soos `n storieboek lees nie, maar God toelaat om deur Sy Woord met ons te praat – dis `n baie groot verskil. As ons God toelaat om deur Sy Woord met ons te praat, sal ons Sy Wil vir ons daaglikse lewe ken.
Ek wil u vra: As die wetgewing wat beplan word met betrekking tot godsdiensvryheid `n werklikheid word en soveel so toeneem dat die Bybel van ons af weggeneem sou word, hoeveel van die Bybel sal u kan onthou? Hoeveel van die Woord van God sal u in u binneste hê om verder geestelik te kan oorleef en staande te bly teen satan? Bestudeer die Woord so lank u nog kan!!!
Ons lees van die Woord in Hebreërs 4 vers 12: "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is `n beoorde- laar van die oorlegginge en gedagtes van die hart." Daarom kon die Psalmis bid: "Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!" – Psalm 119 vers 107. Die Woord moet ons lewe beïnvloed en verander, ons nader aan God bring en ons weg bepaal. Dit gaan nie gebeur as ons nie die Woord ken nie, en ons gaan hom nie ken, as ons nie tyd daarmee spandeer nie: "Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig. Ek is verstan- diger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing." - Psalm 119 vers 97-99. En in Psalm 1 vers 1-3: "WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die son- daars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos `n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit." Om die Woord dag en nag te oordink, beteken om die Woord gedurende die dag en gedurende die nag te oordink. Hoe baie oordink u die Woord van God? As u hom nie oordink nie, gaan u hom ook nie leef nie! Die Psalmis kon sê: "My oë is die nagwake voor om u woord te oordink." - Psalm 119 vers 148.
30
Wanneer ons God se Woord ken, moet ons hom ook gehoorsaam: "Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand `n hoorder van die woord is en nie `n dader nie, dié is soos `n man wat sy natuurlike gesig in `n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie `n vergeetagtige hoorder is nie, maar `n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen." – Jakobus 1 vers 21-25; "Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde." – 4 vers 17; "EN hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie, is `n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is." – 1 Johannes 2 vers 3-5; "Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het." - Johannes 14 vers 23 en 24. Lees ook Matthéüs 7 vers 21 en Lukas 8 vers 21.
Sal Jesus u getrou vind aan Sy Woord wanneer Hy kom om ons te kom haal? Lees in Openbaring 3 vers 7-13 (veral vers 8 en 10) wat Jesus van die gemeente in Filadelfía kon sê met betrekking tot die bewaring van Sy Woord. Job kon sê: "Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom. Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet." – Job 23 vers 10-12. Vandag wil die meeste mense eerder hul eie wet bewaar!
Waak om nie net die Woord te gehoorsaam wanneer dit maklik is bv. tussen ander kinders van die Here of daar waar nie teëstand is nie. "Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie." – 1 Johannes 5 vers 3. Ons moet God se Woord te alle tye, op alle plekke, in alle omstandighede en tussen alle mense ten volle gehoorsaam en leef. As
31
ons net sekere tye, op sekere plekke, in sekere omstandighede en tussen sommige mense gehoorsaam is aan die Woord, is ons nie daaraan gehoor- saam nie!!! Dis alles of niks! - "Ú het u bevele gegee om dit trou te onder- hou." - Psalm 119 vers 4; "Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brand- offers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is `n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp." - 1 Samuel 15 vers 22 en 23. Lees ook 2 Korinthiërs 2 vers 9; 10 vers 6; Josua 1 vers 8 en Lukas 6 vers 46-49.
Ons moet God se Woord ook vertrou. Ons moet Hom op Sy Woord neem. Dan sal ons gemoedsrus hê selfs in die moeilikste omstandighede, omdat ons aan God se beloftes vashou en weet dat Hy in volle beheer is. Dis ons anker in hierdie onstuimige omstandighede van hierdie wêreld waarin ons leef!
Noag het God se Woord (gesproke Woord) geken, gehoorsaam en vertrou: "En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen." – Génesis 6 vers 22. Daarom lees ons van hom in vers 9: "Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was `n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel."
Noag het staande gebly te midde van die oorvloedige Goddeloosheid van sy tyd en te midde van die naderende oordeel oor die aarde, omdat hy God se Woord geken, gehoorsaam en vertrou het. Maar in ons dag leef baie mense in vrees en bewing oor die toekoms, omdat hulle nie die Woord ken nie en dus nie daaraan kan vashou nie. Die grootste groep mense is egter nie bang nie, maar sorgeloos, omdat hulle so onkundig is oor God se Woord, dat hulle óf dink dat die toekoms rooskleurig is óf eenvoudig glad nie aan die toekoms dink nie, maar net vir die hier en die nou leef. Die skuld hiervoor moet voor menige kansels in ons dag gelê word, omdat Godgewerkte Woordprediking ontbreek. Mense word in volkome onkunde gehou. Soetsappige, niksseggende boodskappies word gepreek, terwyl die Woord verdraai, verflou en verag word. Mense word aan lyntjies gehou, veral oor saligheid en die eindtyd! Waar egter die volle Woord van God in waarheid verkondig word,
32
word mense tot bekering, wedergeboorte en heiligmaking opgeroep, weet hulle wat die toekoms inhou en kan hulle vashou aan die Woord wat uitkoms en sekerheid gee! Een van die grootste behoeftes in ons dag is sekerheid, en dit is alleenlik in God en Sy Woord te vind! Noag het met God gewandel en vasgehou aan Sy Woord, en daarom het hy staande gebly.
Baie jare later kon Petrus rustig lê en slaap in die tronk, ten spyte daarvan dat hy volgens die owerstes die volgende oggend tereggestel sou word, want hy het geweet dat God hom sou verlos, omdat hy Hom op Sy Woord geneem het dat hy nog sal oud word, en hier was hy nog nie oud nie - (Handelinge 12 vers 1-11; Johannes 21 vers 18).
Die Bybel is vol voorbeelde van waar kinders van God staande gebly het te midde van moeilike omstandighede, omdat hulle God se Woord geken, gehoorsaam en vertrou het! Dink maar aan: Abraham, Josef, Moses, Josua, Gídeon, Samuel, Dawid, Elía, Elísa, Jósafat, Esra, Nehemía, Jesaja, Jeremia, Eségiël, Daniël, Hoséa, Petrus, Johannes, Paulus en talle andere. Jesus sê in Matthéüs 7 vers 24-27: "Elkeen wat na hierdie woorde van my luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met `n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met `n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot."
Moenie in omstandighede vaskyk nie, maar hoop op God se Woord: "Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord." – Psalm 130 vers 5. Vertrou God deur Sy Woord: "En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte, sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord." – Psalm 119 vers 41 en 42. Wag op God se Woord: "Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek." – Psalm 119 vers 74. God gee ook Sy Woord aan ons as bemoediging – Romeine 15 vers 4; Handelinge 20 vers 32; 1 Thessalonicense 4 vers 18. Hou vas aan God
33
se beloftes: "Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak ... Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond." – Psalm 119 vers 50 en 103. God hou altyd Sy beloftes en daarom kan ons ons daaraan anker – 2 Korinthiërs 1 vers 20. `n Prediker vertel van `n vrou wat in die hospitaal op sterwe lê en oor die radio hoor dat geleerdes sê dat ons nie meer seker kan wees of die Bybel waarlik die Woord van God is nie. Met verbystering roep sy uit: Die Bybel is die enigste anker waaraan ek nog kan vashou en nou wil hulle dit ook nog van my wegneem! Waaraan moet ek dan vashou? – Moenie na dwaalleraars luister nie, maar anker u aan God se onfeilbare Woord! Hy is altyd getrou en is wakker oor Sy Woord om dit te volbring – Jeremia 1 vers 12. God se Woord staan onwankelbaar en ewig vas!!!
Paulus se gesindheid was, net soos Agur s`n, volkome onderdanigheid aan en vertroue op God se Woord. Hy kon in Handelinge 27 vers 25 sê: "Daarom, hou moed manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is." Bid dat die Here u ook `n - Ek glo God-gesindheid - sal gee.
Mense wie se verhouding met God en Sy Woord gesond is, sal uitsien om kerk toe te gaan en met God se Woord bedien te word. Maar hulle sal vir seker ook self elke dag vir hul geestelike voedsel uit die Woord put en hulself daarmee voed – 1 Timótheüs 4 vers 6. Dit sal nie net `n mooi gewoonte wees nie, maar `n hartsbehoefte en lewenstyl. Matthéüs 4 vers 4 sal inderdaad van hulle waar wees: "Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan." Verder lees ons: "Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande." – Psalm 40 vers 9; "Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie." – 119 vers 16. Is dit waar van u of lê u Bybel onder die stof of iewers weggepak? Om hom uit te stal sodat die mense dit kan sien, beïndruk die Here ook glad nie!
Dit help niks ons lees en hoor net die Woord, sonder dat dit ons verander nie! Ons moet God toelaat om deur Sy Gees in ons lewe in te werk deur Sy Woord en ons lewe sodoende te verander. As u waarlik weer gebore is, sal die Woord van God u beginsels, waardes, gedagtes, gesprekke, dade, gesindhede
34
en lewenstyl bepaal. Die Woord sal die enigste maatstaf in u lewe wees – Handelinge 17 vers 11; Matthéüs 4 vers 1-11. Die Woord van God sal die laaste sê in u lewe hê (God deur Sy Woord). U sal die Woord op alle plekke getrou uitleef – by die werk, huis, kerk, skool, in die winkels, op straat, by vriende, tussen weergeborenes én tussen die wêreld – 1 Timótheüs 4 vers 6-16; Josua 1 vers 8; Psalm 1 vers 1-3. U sal ook al die antwoorde van die lewe en omstandighede in die Woord gaan soek – nie by die sangôma, in sterrevoorspellings , by u ongeredde vriende of in wêreldse genot nie! – Psalm 119 vers 130. (Die Bybel spreek elke saak in `n mens se lewe en in die samelewing aan – al is dit dan indirek). Baie Christene in ons dag, lees in die oggend en in die aand `n stukkie uit die Bybel, maar deur die dag, leef hulle dit glad nie. Dit is mense wat net hul gewete wil sus. Ons moet met die Woord deurdronge wees - sonder om te dweep - dit moet spontaan en opreg wees. Die Woord moet in ons lewe en ons moet deur die Woord lewe terwyl ons al meer en meer daardeur verander word na die Beeld van Jesus – Kolossense 3 vers 16; Galásiërs 4 vers 19. As ons verhouding met God reg is, sal ons verhouding met Sy Woord ook reg wees en sal ons die Woord te alle tye en op alle plekke leef en ook verkondig, terwyl ons voortdurend daardeur gereinig word – 1 Johannes 2 vers 5; Efésiërs 5 vers 25-27; Johannes 15 vers 1-3.
Iemand wie se Bybel verwaarloos lê of oppervlakkig gelees word, se geestelike lewe sal vir seker nie waardig voor God bevind word nie, want die Heilige Gees werk deur die Woord van God in ons lewe en as ons die Woord nie ken nie, waarmee moet die Gees dan werk? So iemand is die prooi van die satan, want die Woord is die wapen waarmee ons hom moet beveg: "En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God-" – Efésiërs 6 vers 17. Jesus stel aan ons die voorbeeld in Matthéüs 4 vers 1-11. Hy het deur al die versoekings van satan staande gebly, deur vas te staan op die Woord. Ons moet die gesindheid van Psalm 119 vers 11 hê: "Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie." D.L. Moody het gesê: Sonde sal jou van hierdie Boek weghou of hierdie Boek sal jou van sonde weghou! Die Woord voed ons gewete en hou dit lewend, maar sonder die Woord kwyn dit al meer en meer en word sonde al meer aanvaarbaar.
Wanneer u die Woord ken, gehoorsaam, vertrou en u lewe daardeur verander
35
is/word, moet u ook die Woord verkondig. Dis elke weergeborene se plig. 2 Timótheüs 4 vers 1-5 het nie net vir Timótheüs gegeld nie, maar geld vir elke weergeborene: "Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal `n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle `n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van `n evangelis; vervul jou bediening." Deur die Woord bring die Heilige Gees mense tot geloof en bekering – Romeine 10 vers 8-17. Die Woord laat die lig van die waarheid vir mense opgaan: "Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig." – Psalm 119 vers 130. Moet nooit ophou om die Woord te saai nie – Matthéüs 13 vers 1-23. Soms sal dit voel asof dit geen vrug oplewer nie, maar hou moed, dit sal iewers groei, want God se Woord keer nie ledig na Hom terug nie – Jesaja 55 vers 10 en 11. Geen weergeborene in wie die Gees woon en werk, kan die Woord vir homself hou nie. Waak dat mense se afkeer, spot of teenstand u nie weerhou om die Woord met mense te deel nie. As u waarlik vir God se Saak iets beteken, sal die minagting en vervolging vir seker kom – Amos 5 vers 10; 2 Timótheüs 3 vers 12. Al verag mense u en brandmerk u as Bybel-mal, staan net vas in die Gees, ook wanneer u daarvoor vervolg word. Bid vir die wat u vervolg en hul van die Woord afkeer en laat die mense wat wel die Woord aanvaar u bemoedig. Laat die liefde van Jesus u dring soos dit Paulus gedring het – 2 Korinthiërs 5 vers 14. Die satan het op elke moontlike manier probeer om te verhoed dat Paulus die Woord verder verkondig, maar die Woord is nie gebonde nie, want God is in beheer van Sy Woord: "Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie, waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos `n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie. Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid." – 2 Timótheüs 2 vers 8-10. God se Woord gaan nooit tevergeefs uit nie.
36
Ons moet waak om nooit die gesag van God se Woord te onderskat nie. Die Woord rig verlore mense na Jesus, bring kinders van God nader aan Hom, wys ons ons geestelike nood en bring ons dan by die enigste Verlosser uit en rus ons toe vir dienswerk in God se koninkryk. Die Woord is vir miljoene mense tot troos, bemoediging, versterking, lering, waarskuwing en genesing. Die Woord is onuitputlik en anders as enige ander boek op aarde, omdat hy lewend is. Hy is lewend omdat dit die Woord van die lewende God is en omdat Jesus Self die Woord is: "IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God ... En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, `n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid." – Johannes 1 vers 1 en 14 – lees ook Openbaring 19 vers 13. En net soos God, is Sy Woord onveranderlik: "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos `n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is." – 1 Petrus 1 vers 24 en 25; "Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele." – Psalm 119 vers 89. Verwerp asseblief die dwaallering dat ons die Woord vandag anders moet verstaan en vertolk omdat die tye verander het en ons in die moderne eeu leef – dis `n set van die satan!!! Vergeet dat ons in nuwe tye leef, want God se Woord is vir alle tye geskryf en geld deur alle eeue net soos wat Hy dit laat opteken het! God se Woord verander nooit, want dis die volmaakte, ewige, onveranderlike Woord van die volmaakte, ewige en onveranderlike God: "Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie." - Jakobus 1 vers 17; "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." - Hebreërs 13 vers 8 – net soos wat Jesus nooit verander nie, so sal die Woord nooit verander nie, want Hy Self is die Woord! Lees ook Maleági 3 vers 6; Psalm 102 vers 28 en Jesaja 41 vers 4.
Die satan sidder voor die Woord, omdat die Woord die waarheid is (Jesus Self) en hy die vader van die leuen is, en die leuen nie voor die waarheid kan
37
standhou nie: "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was `n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan." – Johannes 8 vers 44; "Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat daar geen leuen uit die waarheid is nie." – 1 Johannes 2 vers 21. Die treurspel in ons dag is dat mense die waarheid én die leuen wil dien. Dit is `n groot bewys dat ons in die Laodicéa-tydperk leef: "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug." – Openbaring 3 vers 15 en 16. (Dit is in die breë die toestand van die kerk vandag!). Daar is bv. talle mense wat die Bybel én die leer van ongeredde wetenskaplikes wil glo. Of wat die Bybel én dit wat die sterre voorspel wil glo. Baie mense wil die Bybel én die leer van hul kerk en dominee/pastoor glo. Vir hulle sê Jesus: "JULLE moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken." – Matthéüs 12 vers 33. Mens kan nie twee fondamente hê nie! Waarheid en leuen is volkome onversoenbaar. En `n halwe waarheid is `n leuen: "`n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur." – Galásiërs 5 vers 9.
Ek wil by u pleit om tyd te spandeer met die Woord in die teenwoordigheid van God. Leer die Woord, bepeins die Woord, leef die Woord en verkondig die Woord in waarheid. Laat God u lewe beheer deur Sy Woord en Gees. Laat die Woord u fondament en anker wees – onthou: Jesus is die Woord. U kan Hom nie volg, sonder om onder die gesag van Sy Woord te leef nie! Daar is mense wat baie van die Bybel weet, maar hulself nie daaraan onderwerp nie. Baie flieks in ons dag, het `n Bybelse tema in – veral met betrekking tot die eindtyd, omdat tot die ongeredde wêreld weet dat dit die waarheid is, maar die meeste vervaardigers daarvan sowel as die meeste mense wat dit kyk, onderwerp hulle nie aan God of Sy Woord nie. (Natuurlik word Bybelse waarhede dan ook meestal nie getrou voorgehou nie). Onderwerp uself volkome aan God en Sy Woord. God eer elkeen wat dit doen: "Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE.
38
Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord." – Jesaja 66 vers 2; "Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord." – Psalm 119 vers 161. Lees ook Jeremia 23 vers 9.
En hou maar by die Ou Afrikaanse Vertaling/1953-Vertaling, dan lees u die ware Woord van God in Afrikaans. In Engels is die ware Woord die King James Version (1611) en in Nederlands die Statevertaling (1637).
Bewaar ook Ou Afrikaanse Vertalings vir u kinders en kleinkinders, want die dag sal heel waarskynlik kom dat dit nie meer gedruk gaan word nie!
Maak ook seker u is in `n gemeente waar die Woord die sê het en suiwer en kragtig gepreek word. Die doel van prediking is om ongereddes tot bekering te lei, maar ook om weergeborenes te laat opgroei in Jesus, toe te rus vir dienswerk in God se koninkryk en hul beskerming te bied teen misleiding en dwaling – Efésiërs 4 vers 11-16.
Ek bid dat u van nou af God met u sal hoor praat deur Sy Woord en dat u dan `n dader van die Woord sal wees:
"En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar." – Lukas 11 vers 28.
(Luister ook na die preke oor die Woord by volgjesus.wixsite.com/kies )
Ten slotte hou ek aan u die woorde van Gesang 306 vers 1 en 2 voor:
1. Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! Woord betroubaar, vas en waar deur miskenning, deur gevaar – wat sou ons dan ooit laat bewe? In dié Woord het ons die lewe!
39
2. Trotse berge sal eens wankel, elemente sal vergaan; in dié branding as `n anker, bly Gods Woord vir ewig staan! As wat sigbaar is, vergaan, rus vertrouend ons bestaan nie op fabels, maar geanker in Gods Woord wat nimmer wankel!
"Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele ... Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie." – Psalm 119 vers 89 en 133.
Lees ook:
2 Konings 22 vers 1 – hoofstuk 23 vers 25; Psalm 19 vers 8-12; 33 vers 4; 119; Johannes 5 vers 39; 8 vers 51; 15 vers 7 en 10; Handelinge 20 vers 32; Galásiërs 1 vers 11 en 12; 1 Petrus 2 vers 7 en 8.
40
Recent Posts
See AllKlik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf
Klik hier om die inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_d666d2a5cf01488c9b1428af75f71986.pdf
Klik hier om inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_20ae80cc08604eea946c456efecd765d.pdf
Comments