DIE ONREG EN GEVAAR VAN ROOK VOOR KINDERS
- volgjesus
- Jul 28, 2018
- 2 min read
Jou rokery benadeel jou kinders se gesondheid ernstig!!!
In `n koerantberig wat handel oor kinderkanker, staan onder andere geskryf:
"Studies stel ook voor dat blootstelling aan sekere risikofaktore wat vir ouers geld (soos rook) `n kind se kanse kan verhoog om sekere kankers te kry."
Onder `n prent van iemand wat rook, staan geskryf: "Prof. Herbst sê dat ouers nie rokery naby hul kinders moet toelaat nie, omdat die blootstelling aan tweedehandse sigaretrook groot skade aan kinders se gesondheid kan veroorsaak!"
Op pakkies sigarette staan dat dit jou kan kanker gee. Dink u die vervaardigers sal dit sommer maar net daar skryf? Daar staan ook dat rook die mense rondom die roker se gesondheid benadeel. Dink u dat hulle dit sommer maar net daar skryf? Of skryf hulle dit daar omdat dit regtig skadelik is? Hulle sal nie iets wat mense kan ontmoedig om dit te koop sommer maar net daarop skryf nie – hulle word verplig om dit daarop te skryf, omdat dit `n giftige, skadelike, nadelige produk is wat mense (die roker en die wat daarin moet leef) se gesondheid ernstige skade aandoen en in gevaar stel om kanker en ander ernstige siektes op te doen!!!
Is u waarlik lief vir u kinders? As u sê ja, maar u rook voor u kinders, dan wil ek u vra hoekom u dan hul gesondheid in gevaar stel? As u hulle regtig liefhet, sal u mos vir hulle net die beste wil gee en hulle wil beskerm, nie hul gesondheid in ernstige gevaar stel nie! Dis `n misdaad teen u kinders!!! Dis ernstig liefdeloos!!! U gaan voor God skuldig staan!
U moet nooit vergeet dat God u kinders net aan u leen en dat Hy van u rekenskap gaan eis oor hoe hulle grootgemaak en ook oor hoe u hulle behandel het nie. Die groot Kindervriend gaan nie skroom om teen u wat u kinders benadeel het, op te tree nie! Dis nie `n dreigement nie, maar `n ernstige waarskuwing! En weer sê ek – as u u kinders waarlik liefhet, sal u hulle net die beste wil gee en beslis nie voor hulle rook of toelaat dat ander mense dit doen nie!
Soms kan mens sommer sien dat kinders se gesondheid ly onder ouers of ander mense se rook, maar hulle voel eenvoudig `n veer. Sommige kinders pleit by hulle om dit nie te doen nie, maar dis soos water op `n eend se rug. Mag die Here u bestraf as u dit doen of toelaat!
Groot asseblief, moenie voor u kinders rook of toelaat dat ander mense dit doen nie! Is dit soveel gevra? Of is u so selfsugtig, hard en liefdeloos?
Jesus wil u verlos van tabak – lees op hierdie web onder: TABAKGEBRUIK
Recent Posts
See AllKlik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf
Klik hier om die inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_d666d2a5cf01488c9b1428af75f71986.pdf
Klik hier om inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_20ae80cc08604eea946c456efecd765d.pdf
Commentaires