top of page
Search

Tabakgebruik

  • Carlo van Rensburg
  • May 20, 2017
  • 3 min read

IS ROOK SONDE?

Baie mense sal erken dat dit sonde is om te rook en dat dit uiters sleg is vir jou, maar tog is daar ook baie mense, veral rokers, wat dit wil regverdig. As dit almal wêreldlinge was, was dit nie vreemd nie, maar van hulle is mense wat hulself Christene noem. Daar is baie verskonings en regverdigings, maar voor die Here weet elke mens diep in sy hart dat tabak (sigarette ens.) van die satan homself kom.

Daar is hoegenaamd niks goeds aan tabak nie. Dit bavat 19 verskillende gifstowwe wat hoogs nadelig is vir die liggaam. Soos ons almal weet, ver- oorsaak tabak dodelike siektes by miljoene mense. Ook die mense rondom rokers word ernstig benadeel. (Daar is min dinge wat my so kwaad maak as mense wat voor hul kinders rook en swanger vroue wat rook! Dis `n misdaad teen kinders!!! Dis demonies!!! – u gaan voor God skuldig staan! Hoe kan u sê u het u kinders lief, maar u stel hul gesondheid in gevaar?)

Baie rokers redeneer dat dit nie verkeerd is om matig te rook nie. Hulle sê dat soetgoed ook sleg is vir jou, maar as jy dit matig eet, dit nie `n pro- bleem is nie. Die verskil is egter dat soetgoed ook voedingswaarde het en as jy genoeg water drink en oefening doen, dit nie `n probleem vir die liggaam is as jy dit binne perke eet nie. Tabak daarenteen het geen voe- dingswaarde nie, maar is geheel en al net ernstig nadelig en verwoestend vir die liggaam! Die vervaardigers self skryf op die pakkie dat dit jou kanker kan gee en kan doodmaak! Meeste rokers praat egter die waarheid net weg.

Tabak is ook hoogs verslawend. Weer sal die teenargument wees dat baie dinge verslawend is (mens kan basies aan enige iets verslaaf raak). Dis baie waar, maar tabak is baie meer verslawend as enige iets goeds. En om van tabak verlos te word, is baie moeiliker as om van enige iets goeds verlos te word, want tabakgebruik is `n demoniese binding! Tabak is niks anders as `n dwelm nie! Meeste mense sal saamstem dat dwelms duiwels is, maar wil nie insien dat tabak (en alkohol) ook dwelms is nie!!!

Daar sal nog baie argumente wees waarmee mense tabak wil regverdig, maar ten spyte van watter argumente ook al, bly dit sleg, verkeerd en duiwels. Ek kan u nie oortuig nie, net die Heilige Gees kan. Enige iemand wat eerlik voor die Heilige Gees stil word, sal deur Hom oortuig word dat rook sonde is. Kyk biddend na die volgende Skrifgedeeltes:

"Weet julle nie dat julle `n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle." – 1 Korinthiërs 3 vers 16 en 17 (u sal nie in die kerk rook nie, sal u?); "Of weet julle nie dat julle liggaam `n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort." – 1 Korinthiërs 6 vers 19 en 20; "Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar `n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook `n slaaf geword." – 2 Petrus 2 vers 19; "En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam..." – Prediker 11 vers 10 – dis `n opdrag!

Baie mense getuig dat die oomblik toe hulle hul lewe aan Jesus gegee het en weer gebore is, hulle dadelik deur die Heilige Gees oortuig is dat rook sonde is en hulle dadelik daarvan verlos is. Party mense sê hulle wil ophou rook, maar dat hulle nie kan nie. Wel, deur Jesus kán u verlos word: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee." – Filippense 4 vers 13. Die vraag is: Wil u regtig verlos word? Om verlos te word, moet u dit as `n sonde bely en Jesus toelaat om u te verlos. Hy wil u graag verlos!

Ek bid dat die Heilige Gees u sal oortuig en dat u na Jesus toe sal vlug vir verlossing van hierdie demoniese gewoonte en binding. Hy wag vir u!

"En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word? Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, `n dienskneg van die sonde is. En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees." – Johannes 8 vers 32-36.


 
 
 

Recent Posts

See All
Waak teen bose tekens

Klik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf

 
 
 

Comments


SOPHIE'S
COOKING TIPS

#1 

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

 

#2

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

 

#3

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

© 2016 Volg jy REGTIG vir Jesus. Proudly created with Wix.com

bottom of page