HALLOWEEN – DIE DUIWEL SE FEES
- Carlo van Rensburg
- May 20, 2017
- 3 min read
Satanisme: 28 Oktober tot 3 November is die hoogs onheilige dae van die sataniste. Halloweennag, (die 31ste Oktober) is vir hulle die hoogtepunt. Hulle glo dat die deure van die onderwêreld (waar van die duiwel se engele is) in dié nag oopgegooi word. Dis dan ook hul gebruik om baba`s in hierdie nag te slag en aan die duiwel te offer!
Die sataniste se gebruik om kostuums en maskers te dra, is `n manier om met die gees (duiwelse geeste) wat die masker verteenwoordig, kontak te maak. Dus is dit `n uitnodiging aan die geeste om jou te besoek! Op Halloween-aand is daar duisende mense, veral kinders en tieners, wat glasie, Ouijabord of alfabet gaan speel om daardeur geeste op te roep! Baie besef nie waarmee hulle besig is en wat die gevaar daarvan is nie. God sê:"en gee aan die duiwel geen plek nie."- Efésiërs 4 vers 27.
Alles rondom Halloween – die kleredrag, geldinsameling, partytjie, musiek, danse, rituele – is deel van duiwelaanbidding!!! Dit is satanisme in die vorm van `n fees. Duisende mense (ook Christene) gaan hierdie jaar weer deelneem aan Halloween-partytjies, sonder om te besef wat die oorsprong en die betekenis van die dag werklik is en dat hulle die duiwel daardeur dien. Is dit dalk ook jy?
Lees verder op waaroor Halloween regtig gaan: http://www.charismanews.com/opinion/52738-why-christians-absolutely-should-not-celebrate-halloween
Kies teen Halloween en teen die duiwel en vlug na Jesus:
Weet dat elke mens in sonde gebore word en dus die duiwel volg: "Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, in sonde het my moeder my ontvang." – Psalm 51 vers 7; "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God" – Romeine 3 vers 23. Lees ook Efésiërs 2 vers 1-3.
Maar weet ook dat Jesus elke mens - ook jou - wil red en wil verlos van die duiwel (ook Halloween) en wil beskerm: "Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle men- se gered word en tot die kennis van die waarheid kom." - 1 Timótheüs 2 vers 3 en 4; "En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak ... As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees." - Johannes 8 vers 32 en 36. Jesus het gekom om mense vry te maak van die dui- wel: "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek."- 1 Johannes 3 vers 8.
Gee jou hart vir Jesus: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;" – Johannes 1 vers 12. Dan sal God jou geestelik weer gebore laat word (jou hart en gedagtes nuutmaak en verander), en is jy waarlik `n kind van God en op pad hemel toe: "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou: as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." – Johannes 3 vers 3. Kies Jesus en lewe `n lewe wat `n doel het en sin maak. Die keuse is joune! Jesus wag vir jou.
Wanneer jy aan Jesus behoort, sal die satan jou steeds versoek om hom ook te gehoorsaam, maar Jesus sal jou beskerm. Hy gee ook aan jou wapenrusting wat jou sal help beskerm teen die duiwel – lees: Efésiërs 6 vers 10-18; 5 vers 6-11 en 1 Petrus 5 vers 8 en 9.
Lees ook: Matthéüs 4 vers 17; Johannes 3 vers 1-8, 36; Handelinge 26 vers 18; 2 Korinthiërs 5 vers 17; 1 Korinthiërs 10 vers 14-22; Openbaring 3 vers 20; 9 vers 20 en 21; Jesaja 1 vers 18; 55 vers 6 en 7.
Recent Posts
See AllKlik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf
Klik hier om die inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_d666d2a5cf01488c9b1428af75f71986.pdf
Klik hier om inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_20ae80cc08604eea946c456efecd765d.pdf
Comentarios