top of page
Search

MUSIEK 1

  • Deur Rodney Seale
  • Jun 9, 2016
  • 7 min read

Hierdie uittreksel werp lig op die bose invloed wat musiek veral op die jeug uitoefen. Meeste musiek word doelbewus geskep om mense/tieners op uiteenlopende maniere boos te beïnvloed en na verdorwenheid te verlei.

SEKSMISBRUIKE WORD DEUR ROCK-MUSIEK AANGEMOEDIG

Die 20ste eeu word deur geweldige ontwikkeling en vooruitgang gekenmerk. In die proses het die mensdom egter in talle van die Satan se strikke beland, en van die lewende God en die Bybel afvallig geraak. Dieselfde verval het ook in die musiekwêreld plaasgevind. Die lirieke van rock-musiek verheerlik dwelmmiddels, sedeloosheid, homoseksualisme, geweld, rebellie en die okkultisme.

Rock-musiek is ’n onderdeel in die strategie van Satan. Sy val het hom geensins van sy drang na verering en aanbidding genees nie - hy het selfs vir Jesus op aarde probeer versoek om hom te aanbid, en probeer homself nog steeds as die oppermagtige verhef.

Fases van verval

Een van die bestuurders van die grootste rock-orkes in die wêreld het die volgende oor die inslag van hierdie musiek gesê: "In ’n studie van rock-musiek kan mens vier fases onderskei, waarvan elk ’n beroep op ’n aspek van die menslike persoonlikheid doen. In die laat 1950's en vroeë 1960's het ons ons amper uitsluitlik op seks beroep. In die laat 1960's en vroeë 1970's het ons die jeug ’n nuwe dimensie van geestelike bewussyn binnegelei. Ons het hulle betrek by 'n saak. Gedurende hierdie fase het die assosiasie tussen dwelmmiddels en rock ontstaan. In die laat 1970's het ons hulle by ’n verslawende vorm van rock 'n roll betrek, nl punk of new wave. Ons doel was om die jeug aan geweld te verslaaf - talent was van minder belang. Ons het egter uitgevind dat die beste motivering ter wêreld religieuse oorgawe is, daarom het ons besluit om in die 1980's ons konserte in religieuse dienste te omskep. Ons gaan onsself as messiasse voorhou. Ons gaan intiem met Satan kennis maak en ’n verbond met hom sluit om sodoende gebedsgenesing te bewerk en mense in ons konserte uit hulle rolstoele op te trek."

Seksmisbruik

Ons gaan in hierdie artikel na die eerste fase van rock-musiek kyk, naamlik seksmisbruik. Dit is sedert die laat 1950's een van die oorheersende temas in rock-musiek en seksperversies word openlik gepropageer.

Kom ons kyk na die oorsprong en betekenis van die term rock and roll. In die vroeë vyftigerjare het ’n platejoggie met die naam van Alan Freed na ’n naam gesoek vir ’n nuwe soort musiek wat deur sangers soos Elvis Presley en Chuck Berry ingelui is. Die klanke was sensueel en ritmies; dit was humoristies maar ook vol rebellie. Freed het die naam rock and roll aan 'n agterbuurt-term vir voorhuwelikse seks ontleen. Waylon Jennings het dié konnotasie bevestig en gesê: "Rock'n roll het aanvanklik op geslagsgemeen- skap gedui, wat myns insiens nie ’n slegte idee is nie. Waarom nie die oorspronklike betekenis weer inbring nie?"

Bruce Springsteen

Tieners en jongmense wat na rock-musiek luister, word gedurig met die immorele seksuele standpunte van dié groepe gebombardeer. Een van die sangers wat deesdae baie aanbid word, is Bruce Springsteen. Hy beweer openlik dat hy dood was voordat rock and roll sy lewe verander het. Sy konserte is amper soos eredienste. Hy bespot die Here en skree: "Glo julle dat as julle tydens hierdie konsert van opwinding doodgaan, julle hemel toe sal gaan?" Tieners bestee miljoene rande aan hierdie man se plate en hang aan sy lippe. Een van sy grootste treffers was I'm on fire, waarin hy onder andere die volgende sê:

Hey little girl is your daddy home, Did he go away and leave you all alone, I got a bad desire, I'm on fire, Tell me now baby is he good to you, Can he do to you the things that I do, I can take you higher, I'm on fire.., Only you can cool my desire I'm on fire.

Nog meer seksperversie

Treffers deur die groep The Cars sluit titels in soos You're all I've got tonight en Lust for kicks. Die sanger Prince se musiek het ’n oorwegend seksuele inslag, en hy is totaal onder die beheer van ’n verwronge moraliteitsin. Hy het in ’n onderhoud gesê: "Toe ek nege was wou ek pornografiese romans skryf. My ma het ’n hele versameling pornografiese materiaal in haar slaapkamer aangehou, en ek het gereeld daar ingesluip om dit te besigtig. Dit het ’n groot invloed op my huidige seksualiteit uitgeoefen, en my op ’n vroeë stadium daarvan bewus gemaak." Volgens hom handel sy liedjie Sister oor bloedskande met sy suster. Uptown handel oor 'n homoseksuele verhouding en Head oor orale seks.

Michael Jackson se liedjie Body lui: "Girl I want your body. Girl I need your body. Girl I want your body. Won't you come home with me?"

Madonna word as Amerika se mees betowerende pop-sensasie beskou. Sy het in ’n MTV-onderhoud openlik erken: "Seks is deel van my beeld. Solank ek bo-aan die trefferlyste is, skeel dit my min of hulle my ’n goedkoop slet noem. Ek is baie trots op my sletterige beeld." Haar liedjie Like a virgin handel oor ’n seksueel ervare meisie. Dress you up lui: "Gonna dress you up in my love, all over your body." Die immergroen groep ABBA met hulle 'skoon' voorkoms, sing: "Rock me, roll me, don't stop doing that thing to me. "Freddy Mercury van Queen Sing: "Get down, make love." Baie groepe erken onbeskaamd dat hulle die 'rock- business' uitsluitlik vir seks betree het.

'Nuwe moraliteit'

Omdat tieners gedurig deur dié permissiewe 'nuwe moraliteit' geindoktrineer word, begin hulle dit as die standaard aanvaar. ’n Artikel in Reader's Digest van April 1986 beweer dat ongeveer 300000 adolessente (amper 2 uit elke 10 Suid-Afrikaanse tienermeisies) elke jaar swanger raak. Hiervan is ongeveer 50000 jonger as 16.

Asof daar nie reeds genoeg ellende is nie, word ons jeug ook nog aan televisieprogramme blootgestel wat lewendige opnames van hierdie rock-sangers insluit. Hulle wellustige lirieke en meer-as-suggestie- we kleredrag en danse laat min aan die verbeelding oor. Daar is bewys dat die brein 95% van die indrukke wat deur gehoor- sowel as gesigsintuie waargeneem is, onthou, in teenstelling met net 3 tot 5% van die indrukke wat slegs deur gehoor waargeneem is.

John Gradick, voormalige gasheer van die Atlantic Video-musiekkanaal, sê: "Video-musiek is ’n goed afgeronde sataniese opvoeding, en ek sê dit sonder voorbehoud. Ek wens u kon die drastiese verandering in jongmense onder die invloed van musiekvideo's sien. Soveel lewens word totaal ontspoor. Hulle wil vir geen geld ter wêreld van hulle rock'n roll afstand doen nie. As hulle maar kon sien dat rock-sterre nie ’n duit vir hulle aanhangers omgee nie! Hulle gee nie om of jy universiteitsvrystelling kry en of jy ’n gelukkige gesin het nie. Hulle sal jou nooit ontmoet nie. Hulle hou van aanhangers bloot omdat aanhangers plateverkope beteken. Die plate-industrie is slegs op geldmaak ingestel. Hulle verwysings na kunsvorme is ’n klug."

Homoseksualisme

Die tweede aspek van seksmisbruik waarna ons gaan kyk, is homoseksualisme en lesbianisme. Ons wil nie die homoseksuele oordeel of verdoem nie, maar die Woord van God veroordeel hierdie praktyk onomwonde. Ons lees in Levítikus 20:13: "En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met ’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle." Ook in die Nuwe Testament word dié sonde skerp veroordeel: "...en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang" (Rom 1:27).

Openbare aanvaarding

Een van die hoofdoelwitte van homoseksuele is openbare aanvaarding, en hulle het reeds aansienlike sukses op dié terrein behaal. Hierdie sukses kan grootliks aan rock-musiek toegeskryf word.

Homoseksualiteit moet in ’n baie ernstige lig gesien word omdat dit ’n sonde teen die natuur, teen die samelewing én teen God is. Homoseksuele probeer ook om ander by hulle net van gebondenheid in te lok. ’n Self-erkende homoseksuele groep soos Queen sing: "We (the homosexuals) are the Champions." Dit hou ’n ernstige bedreiging vir ons kinders in. Hierdie liedjie word algemeen as die 'volkslied' van die Gay Liberation aanvaar.

Daryll Hall van Hall and Oats sê: "Ek vind die idee van geslagsgemeenskap met ’n man glad nie afstootlik nie. Ek het ’n hele aantal vreemde ondervindings met seuns gehad terwyl ek tussen die ouderdomme van 4 en 14 was."

David Bowie was die eerste popster wat sy homoseksualiteit openlik verklaar het. Elton John word soos volg aangehaal: "Daar is niks mee fout om saam met iemand van dieselfde geslag bed toe te gaan nie. Ek voel mense moet vryer wees ten opsigte van seks."

Rod Stuart het onomwonde verklaar: "Ek wou nog altyd aantreklik wees vir mans. Die helfte van die mense wat my plate koop, is mans."

Identiteitsverwarring

Alice Cooper het sy loopbaan begin as transvestiet, dws gekleed in vrouedrag. Patty Smith skryf musiek oor lesbianisme. Een van haar lirieke lui: "Oh she looks so fine. I've got this crazy feeling I'm gonna make her mine."

Nog 'n bekende, Mick Jagger van The Rolling Stones, sê dat sy eerste seksuele ervaring homoseksueel was en spreek die wens uit dat sy dogter 'n vroeë kennismaking met seks sal hê. Adam and the Ants verkies ook om ’n seksuele aanspraak op sowel mans as vroue te maak. Die Britse groep Frankie goes to Hollywood is openlik homoseksueel en het daarin geslaag om homoseksualisme aanvaarbaar en selfs in die mode in Brittanje te maak. Hulle beoog dieselfde vir die VSA. Boy George het die volgende oor sy verwarde seksuele identiteit te sê gehad: "Ek erken dat ek van die ouderdom van 16 af tot mans sowel as vroue aangetrokke was, maar seks was nog nooit by my ’n obsessie nie. Ek dink tog dat ek uiteindelik ’n vrou sal kies omdat ek graag kinders wil hê." In ’n meer onlangse onderhoud het hy effens ergerlik geantwoord: "Ek het reeds gesê ek is biseksueel – verdere verduideliking is onnodig. Dit is im- mers 1984, en mense behoort nie meer hieroor gepla te wees nie. My sekslewe is vir my baie belangrik en baie privaat. Ek geniet seks. Die meeste van my manlike minnaars was losse verbintenisse. Dit is baie anders om met mans ’n verhouding aan te knoop.

Die enigste norm

Hierdie is maar ’n paar voorbeelde van die gif waaraan ons jeug blootgestel word. In plaas daarvan om na hierdie mense se verwronge sienings te luister, moet jongmense hulle ook op die gebied van seks na die Woord van God vir leiding wend. Die Here het die mense as man en vrou geskape en is die argitek en ontwerper van seks. Dit is dus 'n skepping van God. Die Skepper self het die huweliksverbond neergelê en die huweliksverhouding is ’n tipe van Christus se verhouding met sy kerk. Die gesinsverband is ook ’n skepping van God. Die wêreld het vergeet dat God die enigste Outoriteit en Gewer van morele standaarde is.

Uittreksel uit – DIE BOODSKAP VAN DIE BASUIN, Junie 1986 bl. 13-15.

 
 
 

Recent Posts

See All
Waak teen bose tekens

Klik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf

 
 
 

Comments


SOPHIE'S
COOKING TIPS

#1 

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

 

#2

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

 

#3

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me.

© 2016 Volg jy REGTIG vir Jesus. Proudly created with Wix.com

bottom of page