MUSIEK 2
- deur MP Fick
- Jun 6, 2016
- 8 min read
MUSIEK 'POP ROCK' - MUSIEK RUK SA OPNUUT MET SADISME EN PERVERSIE
"Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verlei- dende geeste en leringe van duiwels sal aanhang" (1 Tim 4:1).
Die verskerpte okkultiese aanslag van die eindtyd word op haas elke denkbare lewensterrein gevoer en miljoene mense beland daardeur in die strikke van die duiwel. Een van die lewensterreine wat in ’n toenemende mate in sataniese invloede verstrik geraak het, is die vermaaklikheidswêreld. Deur TV's, radio's, video-, kaset- en platespelers word hierdie invloede in feitlik elke huis ingedra om hulle vernie- tigingswerk op die mens se gees, siel én liggaam te doen. In hierdie artikel sal ons slegs op pop rock- musiek konsentreer, wat vir jare reeds soos ’n onbeheerste veldbrand deur die wêreld trek.
Dat hierdie dekadente musiek die mens tot waansin kan dryf, blyk onder meer uit ’n groot opskrif in die Beeld van 5 Nov 1984: "Meisie (15) keel-af - vriendin verkrag by disko." Dat dit vir duisende mense ’n bonatuurlike betowering inhou, is ook baie duidelik. Percy Tucker, grootbaas van Computicket, kon nie glo dat 88 OOO kaartjies vir die pop-groep Queen se elf konserte (of sirkusse) wat in Oktober by Sun City gehou sou word, binne ses uur uitverkoop is nie. In beide hierdie gevalle was pop rock die aantrek- kingskrag.
Wat is popmusiek? Dit is ’n polsende, ritmiese soort musiek verskaf deur `n popgroep wat gewoonlik uit vier of vyf lede bestaan. Die komponente van hierdie musiek is ’n ritmiese wysie wat met die begeleiding van ’n basghitaar en tromme deur geweldige klankversterkers gespeel word om die oorverdowende volume te verskaf.
Sedert popmusiek in die vyftigerjare sy verskyning hier gemaak het, het dit net gewilder geword en is dit vandag die gewildste musiek onder die meeste jongmense. Wat aan die begin na ’n kortstondige gier gelyk het, het ’n kultus geword. Wêreldwyd het dit ’n multi-miljard rand-bedryf geword waarin hoogaangeskrewe popkunstenaars maklik meer as tien miljoen rand per jaar verdien.
Dit lyk of Elvis Presley die pop- kultuur in 1955 met sy rock and roll in die lewe geroep het. Hierdie term is uit die ghetto's van Amerika afkomstig, waar dit deur die Negers gebruik word om ’n onsedelike daad mee te beskryf. ’n Platejoggie, Alan Freed, het dit aan die musiek van Elvis Presley, Gene Vincent en Chuck Berry gekoppel. Elvis het self erken dat hy aan die begin van sy loopbaan ’n studie van die suggestiewe verhoogbewegings van Negerkunstenaars gemaak het.
Die Beatles
In 1963 slaag vier ongeletterde Engelse uit Liverpool met ghitare en tromme daarin om die jeug van bykans die hele Westerse wêreld aan hulle voete te kry. Meteens word daar ’n nuwe soort godsdiens
geskep - die godsdiens van ruk en rol. In die vyftigs was dit net ’n nuwe manier van aantrek en praat, maar in die sestigs bring dit losse sedes, 'n totale gebrek aan respek vir gesag, asook die verslawing aan dwelms mee. Deur die polsende ritme van hulle musiek slaag hulle daarin om anti-Christelike, kom- munistiese idees in die onderbewussyne van miljoene jongmense vas te nael. Derek Taylor, die pers- beampte van die Beatles, het die volgende omtrent hulle gesê: "It's incredible, absolutely incredible, here are these four boys from Liverpool. They're rude, they're profane, they're vulgar, and they've taken over the world. It's as if they founded a new religion. They're completely anti-Christ. l mean I'm anti-Christ as well but they're so anti-Christ they shock me, which isn't an easy thing." John Lennon het self gesê: "Christianity will go. We're more popular than Jesus now." In sy boek - A Spaniard in the Works - maak hy nog meer godslasterlike stellings.
Ná die Beatles het daar hordes popgroepe op die toneel verskyn - té veel om op te noem. Die meeste van hulle se musiek is daarop gemik om beheer oor die jongmense se gees te verkry. Uit die inhoud van hulle liedjies blyk ’n besondere filosofie wat veral om die volgende temas sentreer:
Perversie : seksueel en andersins.
Laster, ook teen Christus. Dwelms.
Kommunisme en die propagering daarvan. Satanismeenheksery. Gewelddadigheid.
Oosterse en ander vreemde godsdienste - ook die okkulte. Homoseksualiteit.
Vuil taal.
Rebellie teen gesag.
Pornografie.
Waansin.
Vernedering van die vrou.
’n Opname wat in die middeweste van die VSA gemaak is, toon dat leerlinge en studente gemiddeld vyf uur per dag bestee om na pop rock te luister. Om hierdie rede is die grootste enkele invloed op die denke van die tieners nie die skool of hulle ouers of hulle boeke nie, maar musiek. Wanneer hulle nie by ’n radio is nie, sal hulle onwillekeurig een van die top tien-liedjies sing, fluit of neurie. Gaandeweg word die woorde van die liriek deel van ’n persoon, en begin hy uiteindelik soos sy leermeester te dink en op te tree. Jimi Hendrin het hierdie waarheid met die volgende stelling onderstreep: "Atmospheres are going to come through music because music is a spiritual thing of its own. You can hypnotize people with music, and when you get them at their weakest point you can preach into their subconscious whatever you want to say." ‘ Wie sit agter hierdie bose komplot? Die ontwikkeling van popmusiek vanaf rock'n'roll na pop rock na reggae na heavy metal na hard rock na punk rock na satanic rock, dui die oorsprong daarvan ondubbelsinnig aan. ’n Pop-ster, David ‘ Bowie, praat namens ’n menigte van sy geesgenote as hy sê: "Rock and ’ roll has always been the devil's music. It can well bring out a very evil feeling in the West. "Die groep KISS (Kids ln Satan's Service) word deur ruk en rol-tydskrifte genoem:
"Fire breathing demons from rock and roll hell." Dit is ook wat van Mick Jagger van die Rolling Stones gesê word: "In some circles he is called the high priest of satanic rock."
Die werklike stryd
Die Christen se stryd is nie teen mense, dit wil sê vlees en bloed nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Efé 6 vers 12).
Baie mense sê hulle hou van die slag (beat) en ritme van die pop rock-musiek. Hulle luister kwansuis nie na die woorde nie. Die meeste popkunstenaars is egter aan ’n bepaalde lewensfilosofie toegewy, wat hulle in hul musiek verkondig. Hulle woorde word só gekies en is so verberg in die klank en ritme wat op die plate vasgelê is, dat jy dit nie bewustelik waarneem nie. Dit word nogtans in jou onderbewussyn opgeneem en beïnvloed jou dus sonder dat jy daarvan weet.
Paulus waarsku ons teen slegte invloede: "Moenie dwaal nie; slegte gespreke bederf goeie sedes. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming." (1 Kor 15 vers 33 en 34).
Verborge woorde
’n Voorbeeld van hoe ’n bepaalde boodskap in die klank, ritme en woorde van ’n plaat verberg word, blyk uit die lied My Sweet Lord wat George Harrison van die Beatles sing. Die onoplettende luisteraar na die plaat hoor die volgende: "My sweet Lord, Hallelujah, my sweet Lord, Hallelujah." As mens egter aandagtig luister, hoor jy dít: "MY sweet Lord, Hari Rhama." Dan besef jy eers dat dit 'n lofsang aan die gode Rhama Krishna en Rham en Sita van die Hindoe—geloof is.
Baie van die popkunstenaars het ook 'n verbintenis met Maharashi Mahesh Yogi, die stigter van Tran- sedentale Meditasie, en maak reusebydraes aan dié beweging. Die meeste groepe verkondig onomwonde hulle lewensfilosofie in hulle musiek, en die altyd aanwesige liriek wat gewoonlik om die liefde sentreer. ’n Studie van hierdie lirieke openbaar oor die algemeen ’n skreiende gebrek aan, en ’n ongebalanseerde opvatting van, die dieperliggende eienskappe en aard van die liefde. Sinsverwarring is kenmerkend van popmusiek: seks en seksperversie word met liefde verwar; okkultisme en godslastering met godsdiens; bedwelming met vryheid en dialoog met geweld.
Die openlike aanbidding en verering van Satan is aanvanklik gekamoefleer deur ’n proses bekend as backward masking. Die meeste groepe gebruik sulke omgekeerde woorde en frases in hulle lirieke, wat betekenisloos klink. Indien die plaat egter op ’n meganiese wyse agteruit gespeel word (deur dit bv met die vinger terug te draai), dan kry die woorde eers betekenis. In die lied When electricity came to Arkansas, maak die sanger geluide soos ’n klomp mense wat skreeu en brom. Agteruit gespeel, kan mens die volgende woorde hoor: "Satan, Satan, Satan. He is god, he is god, he is god."
Alister Crowly, ook genoem the Beast 666, en deur baie mense beskou word as die gemeenste man wat ooit geleef het, was intens by satanisme en die okkulte betrokke. In sy boek Magic is een van die okkultiese leringe dat mens moet leer om agteruit te praat, te skryf en om plate agteruit te speel. Mick Jagger, The Lucifer of Rock, the unholy Roller, sê self dat Anton LaVey, stigter van die eerste satanistiese kerk en outeur van die satanistiese bybel, hulle musiek bonatuurlik help inspireer.
Die verbintenis tussen die pop rock-sangers en sataniste-priesters is dus nie bloot toevallig nie, want hulle agterstevoorboodskap kan tóg na die onderbewussyne van hulle slagoffers deurdring en die kiem van boosheid daar plant. Dié tegniek staan bekend as 'onderbewuste geestesbeheer' (subliminal mind .control - SMC).
Die jongste neiging is na onbedekte satansverheerliking, soos blyk uit kommentaar oor die groep Iron Maiden se langspeelplaat The number of the Beast. Hieroor is onder meer gesê: "This English quintet doesn't even bother to backward mask its satanism. They come right our with the devil worship amid the wildly careering guitar solos and frensied, full-throttled vocals."
Die plig van die Christen
Ons moet hierdie tipe musiek vermy en die uitsaai daarvan deur die SAUK radio of televisie ten sterkste afkeur. Ons moet dit uit ons huise weer en die sg religious pop uit ons kerke verban. "En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek" (Deut 7:26).
John Todd, ’n gewese satanspriester, vertel hoe die meesterbande van popmusiek tydens 'n spesiale byeenkoms deur satanspriesters en hekse besweer word. Die Satan word tydens hierdie ritueel versoek om alle kopieë van die meesterband te vervloek sodat die mense wat dit besit, of net daarna luister, daardeur gebind kan word.
Ons as gelowiges het die voorwaarde en belofte van God: "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug" (Jak 4:7).
Dat ons as Christen-ouers meer hulp aan ons kinders sal verleen as ’n blote: "Moet ek nou na daardie geblêr luister", of: "Maak jou kamerdeur toe as jy na daardie gemors luister." Ons kan hulle egter net inlig as ons self ingelig is. Deur disko's te besoek gee ons aan die duiwel ’n plek, en die Woord van die Here sê uitdruklik: "Gee aan die duiwel geen plek nie" (Ef 4:27).
Dat ek my gunsteling-sanger of groep aan die hand van die volgende beginsels sal beoordeel:
1. Verheerlik hy/sy/hulle God?
2. Bou hulle aan God se koninkryk, of vernietig hulle dit?
3. Kan ek sien dat Jesus Christus die Heer in hulle lewens is?
4. Dien hulle hulself of die lewende God?
’n Persoon soos Cliff Richard het ’n duidelike Christelike getuienis, hoewel sy sang in die pop-idioom aangebied word. Hy verwerp uitdruklik alle sataniese en on-Christelike invloede en streef daarna om skoon, 'moderne' vermaak aan te bied. Vir dié indiwidue en groepe wat in die duisternis wandel, moet ons voorbidding doen. God kan hulle musiek en hulle boodskap verander en vir hulle 'n nuwe lied in hulle harte gee, asook sin en betekenis aan hulle lewens.
BRONNE:
1. American Photography, Jan 1980.
2. A Spaniard in the Works. Simon & Shuster, New York.
3. Backward Masking Unmasked. Huntington House, Louisiana. 4. Hit Parader, Okt 1982.
5. Illustrated History of Rock Music. Hamlyn Publishers, Londen.
6. Die Beatles in Woord en Beeld. Kalender, bylae tot die Beeld, S Nov 1984.
7. Life Magazine, 3 Okt 1969.
8. Newsweek, 21 Maart 1966.
9. Newsweek, 4 Jan 1971.
10. Op die Altaar van die Skande- god, deur Eddie van Zyl. Aksie Morele Standaarde, Bus 14139, Verwoerdburg 0140.
11. Pop Rock Musiek, deur André Potgieter. Verenigde Gereformeerde Uitgewers, Brakpan.
12. Rolling Stone, 12 Feb 1976.
13. Saturday Evening Post, 8 Aug 1964.
14 Spellbound, deur Jack Chick. Chick Publications.
15. Tydskrif Rapport, 30 Sept 1984.
`n Uittreksel uit – BOODSKAP VAN DIE BASUIN, Desember 1984 bl. 9-11.
Recent Posts
See AllKlik hier om die inhoud te lees: https://ba34243c-229c-455c-9214-23e718d09c54.usrfiles.com/ugd/ba3424_7b32464b70784f96a35f244f3ffc9559.pdf
Klik hier om die inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_d666d2a5cf01488c9b1428af75f71986.pdf
Klik hier om inhoud te lees: http://docs.wixstatic.com/ugd/ba3424_20ae80cc08604eea946c456efecd765d.pdf
Comments